Die insakking van ’n eiendom is elke huiseienaar se nagmerrie. Dalk het jy met ’n skok opgemerk dat daardie krake in die sitkamermuur al hoe wyer word. Of dalk toon jou swembad tekens van beweging en lekkasies. Skielik vrees jy dat die integriteit en betroubaarheid van jou huis en jou eiendom jou in die steek gaan laat.
Jou buurman, wat vlytig besig is met opgrawings vir ’n nuwe huis, motorhuis of swembad, kan of wil nie aandag aan jou bekommernisse gee nie. “Dit is jou probleem”, sê hy, “Ek bou streng volgens plan.”
Wat is die regsposisie? Wat kan jy doen om jou eiendom en jou huis te beskerm, of om jou verliese te verhaal waar die skade reeds aangerig is? Ons bespreek hierdie vrae aan die hand van ’n “baanbrekers” uitspraak van die Hoogste hof van Appèl.
|