Wat gebeur wanneer jou vaste termyn huurkontrak verstryk het, sonder dat ‘n verlenging ooreengekom is? Bestaan daar in so ‘n geval nog enigsins ‘n huurkontrak? Indien wel, watter bepalings en voorwaardes is van toepassing? Watter huurbedrag is betaalbaar?

Ons kyk na die antwoorde op hierdie vrae met verwysing na die Wet op Huurbehuising. Ons kyk ook na ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof waar ‘n verhuurder skadevergoeding van ‘n voormalige huurder geëis het. Die verhuurder het op ‘n mondelinge ooreenkoms met die huurder gesteun, ingevolge waarvan die huurbedrag na verstryking van die huurtermyn ingevolge die skriftelike huurooreenkoms verhoog sou word.

Ons sluit af met ‘n paar gedagtes oor wat jou huurooreenkoms moet bepaal oor verstryking van die huurtermyn, en met ‘n algemene waarskuwing om mondelinge huurooreenkomste eerder te vermy.
 


Teken aan
DGA - Debra Gouws Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English


11Bellwood debra@gouwsattorneys.co.za debra@gouwsattorneys.co.za www.kle.co.za/home.htm
February 2020 NUUSBRIEF
Sal ‘n Huurkontrak wat verstryk het vanself op ‘n maand-tot-maand basis voortduur? Teen watter huurbedrag?
Wat gebeur wanneer jou vaste termyn huurkontrak verstryk het, sonder dat ‘n verlenging ooreengekom is? Bestaan daar in so ‘n geval nog enigsins ‘n huurkontrak? Indien wel, watter bepalings en voorwaardes is van toepassing? Watter huurbedrag is betaalbaar?

Ons kyk na die antwoorde op hierdie vrae met verwysing na die Wet op Huurbehuising. Ons kyk ook na ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof waar ‘n verhuurder skadevergoeding van ‘n voormalige huurder geëis het. Die verhuurder het op ‘n mondelinge ooreenkoms met die huurder gesteun, ingevolge waarvan die huurbedrag na verstryking van die huurtermyn ingevolge die skriftelike huurooreenkoms verhoog sou word.

Ons sluit af met ‘n paar gedagtes oor wat jou huurooreenkoms moet bepaal oor verstryking van die huurtermyn, en met ‘n algemene waarskuwing om mondelinge huurooreenkomste eerder te vermy.
lees meer


Werknemer: Jou nuwe regte op Vaderskap en Ouerlike verlof
ArticleImage Die begrip van “kraamverlof” is reeds vir baie jare deel van ons regstelsel, en is nou onlangs uitgebrei om werknemers anders as moeders in te sluit. Die lang reis na hierdie welkome ontwikkeling is deur vertragings en verwarring oor die implementering van nuwe wetgewing wat die onderwerp aanspreek, ontsier.

Gedurende die afgelope jaar het werkgewers en werknemers hul koppe gekrap oor vrae soos hierdie: Wanneer sal vaders en selfdegeslag lewensmaats/gades op ouerlike verlof geregtig wees? Wat van aannemende ouers en opdraggewende ouers in ‘n surrogaat-moederskapsooreenkoms? Is daar ‘n reg op betaalde verlof, of slegs op onbetaalde verlof? Indien dit onbetaalde verlof is, kan werknemers van die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) eis? Indien wel, wat kan geëis word?

Nou het ons die antwoorde. Lees gerus verder vir die besonderhede.
   
lees meer
Kan jy ‘n powere Beleggingsadviseur dagvaar? Dit hang af...
ArticleImage Die afgelope paar jaar was vir baie beleggers uitdagend. Indien jy as gevolg van uitermate swak beleggings geld verloor het, het jy dalk al gewonder of jy jou verliese van jou finansiële adviseur kan verhaal.

Ons ondersoek hierdie vraag aan die hand van drie onlangse hofsake. In die een geval was die belegger suksesvol met ‘n eis van R2.5 miljoen. In die ander twee gevalle is die beleggers se eise van R11 miljoen en van R5 miljoen onderskeidelik van die hand gewys.

Ons bespreek ook hoe die FAIS Ombud jou moontlik van hulp kan wees. Ons sluit af met belangrike raad vir finansiële beleggers.
   
lees meer
Meld Jou Padongeluk aan met ‘n Aanlyn Aanmeldingsdiens
ArticleImage
Padongelukke is traumaties, of dit nou jou skuld was of nie. Selfs geringe botsings bring ‘n aantal probleme mee – paneelkloppers, sleepvoertuie, skok en verwyte, hope papierwerk, die verkryging van ‘n Botsingsverslagnommer vir die versekeraars...

Hierdie laaste punt is altyd ‘n groot addisionele stresfaktor. Dit behels ‘n besoek aan die plaaslike polisiestasie (wat waarskynlik nie ‘n plesierige ervaring gaan wees nie) en nog meer papierwerk.

Nie meer nie – die proses is nou effens makliker met die nuwe aanlyn aanmeldingsdiens van NaTIS (die Nasionale Verkeersinligtingstelsel) beskikbaar op hul webwerf hier. Die indiening van die aanlyn verslag is regsbindend. Dit kan egter net gebruik word vir “geringe skade” botsings, en nie in gevalle waar iemand beseer is of gesterf het nie. Neem ook kennis van die tydsbeperking – “Alle botsings moet binne 24 uur of die volgende werksdag aangemeld word. (Nie-werksdae is Saterdae, Sondae en Openbare Vakansiedae).”

Verkry dringend jou prokureur se hulp indien dit meer as slegs ‘n geringe botsing is!
   
Jou Webwerf van die Maand: Word ‘n Kliëntefluisteraar
ArticleImage
“It takes seven times more money, effort and time to get a new client than it does to keep an existing one”

Ons almal het al gehoor van “hondefluisteraars”, “kattefluisteraars”, “perdefluisteraars”, en selfs “olifantefluisteraars” – maar “kliëntefluisteraar”? Bestaan daar so iets?

Die antwoord is ja. Kliënte is die lewensbloed van jou besigheid. Daarom is die behou van kliënte fundamenteel tot die winsgwendheid en sukses van jou besigheid. Vir raad oor hoe om dit te doen – tot voordeel van jul beide – lees “The Client Whisperer” op CleanFax se webwerf

Die artikel verwys spesifiek na die matteskoonmaak-bedryf. Die beginsels wat daarin genoem word en die raad wat daarin gegee word, is egter universeel. Dit is op alle besighede van toepassing.

So beskerm jou kliëntebasis – word ‘n kliëntefluisteraar!
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews