Die pandemie het heelwat wêreldneigings meegebring. Een hiervan is die “Groot Bedanking", met werknemers uit alle oorde wat in groot getalle uit hul poste bedank.

Hierdie neiging begin ook nou in Suid-Afrika posvat. Daarom is dit belangrik dat beide werkgewers en werknemers bedankings in Suid-Afrika vanuit ‘n regsoogpunt verstaan, weet wat die effek daarvan op die diensverhouding is, en vertroud is met die vereistes en prosedures wat daarmee verband hou.

Ons bespreek sewe belangrike vrae rondom bedankings aan die hand van 'n onlangse uitspraak van die Arbeidshof. In hierdie saak het 'n werknemer, wat  op grond van swak gesondheid bedank het, later probeer om sy bedanking terug te trek, nadat hy "wonderbaarlik" herstel het.

 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Junie 2022 NUUSBRIEF
Die “Groot Bedanking” is met ons – wat sê die reg?

Die pandemie het heelwat wêreldneigings meegebring. Een hiervan is die “Groot Bedanking", met werknemers uit alle oorde wat in groot getalle uit hul poste bedank.

Hierdie neiging begin ook nou in Suid-Afrika posvat. Daarom is dit belangrik dat beide werkgewers en werknemers bedankings in Suid-Afrika vanuit ‘n regsoogpunt verstaan, weet wat die effek daarvan op die diensverhouding is, en vertroud is met die vereistes en prosedures wat daarmee verband hou.

Ons bespreek sewe belangrike vrae rondom bedankings aan die hand van 'n onlangse uitspraak van die Arbeidshof. In hierdie saak het 'n werknemer, wat  op grond van swak gesondheid bedank het, later probeer om sy bedanking terug te trek, nadat hy "wonderbaarlik" herstel het.

lees meer


Verhuurders: Oortreding van soneringsregulasies kan jou huurkontrak ongeldig maak
ArticleImage

Hierdie is bedoel as ‘n tydige waarskuwing aan eienaars van eiendom om op hoogte te wees met die geldende plaaslike regulasies oor sonering en om daaraan te voldoen. Jy oortree hierdie munisipale regulasies op jou eie risiko.

As verhuurder kan jy tot jou nadeel vind dat jou huurkontrak ongeldig is. Dit kan inhou  dat jy nie jou eise vir agterstallige huurgeld, onbetaalde munisipale dienste of enige ander kostes of uitgawes wat tot voordeel van die huurder aangegaan is, van die huurder verhaal nie. Dit is presies die ongelukkige lot wat 'n verhuurder onlangs getref het. Hier het die hooggeregshof in die guns van 'n huurder beslis wie se besigheid (“koffiewinkel, tuisnywerheid en restaurant”) ooglopend in stryd was met die sonering van “Single Residential 2” wat op die gehuurde perseel van toepassing was.

Ons bespreek die uitkoms in hierdie geval en eindig dan met 'n paar praktiese voorstelle vir beide eiendomskopers en verhuurders.
   
lees meer
Nuwe beslissing oor egskeidings en die verdeling van bates: hoe dit jou kan raak.
ArticleImage

Of jy nou op die punt staan om te trou of op die punt staan om te skei, neem gerus kennis van ‘n onlangse belangrike hofsaak oor huweliksbedelings. Die uitspraak van die hooggeregshof het 'n artikel van die Egskeidingswet as ongrondwetlik verklaar.

Ons begin met 'n opsomming van die drie verskillende vorme van huweliksbedelings waaruit huwelikspartye voor hul huwelik moet kies. Ons kyk dan of die nuwe hofbeslissing enigsins op jou eie huweliksituasie van toepassing sal wees of nie.

Vir dié van julle op wie dit wel van toepassing is, kyk ons na die praktiese effek van die hof se uitspraak op huwelikspartye se finansiële regte en vooruitsigte by egskeiding.

   
lees meer
Belastingvryheidsdag 2022: Die dag toe ons opgehou het om vir die regering te werk
ArticleImage

“Taxpayer: One who doesn’t have to pass a civil service exam to work for the government” (Anoniem)

“Belastingvryheidsdag” is die eerste dag van die jaar waarop ons Suid-Afrikaners (ons praat hier van die “gemiddelde” belastingbetaler) genoeg verdien het om vir SAID (“SARS”) af te betaal en vir onsself te begin werk.

Vanjaar was die voorspelde datum 12 Mei 2022. Dit is drie dae later as verlede jaar, en 'n hele kalendermaand later as in 1994 toe ons vir die eerste keer hiervan rekord begin hou het.

Dit is nie ‘n goeie tendens nie. Dit is egter ‘n wêreldwye verskynsel, en ons is beslis nie die slegste daaraan toe nie. Belge kan byvoorbeeld eers op 6 Augustus belastingvryheidsdag vier! Dit is beslis iets om in gedagte te hou indien jy daaraan dink om te emigreer. Kyk gerus na Wikipedia se land-vir-land vergelykings hier.

   
Webwerf van die Maand: Is jou wagwoorde in die Groen?
ArticleImage

Ons weet almal hoe noodsaaklik dit is om sterk wagwoorde aanlyn te gebruik. Vir 'n ontnugterende blik op hoe vinnig die "gemiddelde" kubermisdadiger enige van ons wagwoorde wat nie sterk genoeg is nie, kan kraak, kyk gerus na Hive Systems se artikel "Are your passwords in the Green?” hier.

Kyk gerus na hul tabel "Time it takes a hacker to brute force your password in 2022". Dit is ‘n effektiewe visuele voorstelling van die swakhede en sterk punte van die verskillende soorte en lengtes wagwoorde. Let ook op die waarskuwings en grafiese voorstellings in die afdeling in die middel van die artikel “What about the elephant in the room; what if my password has been previously stolen, uses simple words, or I reuse it between sites?”

Hierdie inligting is werklik noodsaaklik in hierdie dae waar misdaad aanlyn toeneem!

 

Uit die HAT: aroma aangename reuk, geur: Die lieflike aroma van ‘n tuin vol blomme. Die koffie-aroma begroet haar al in die voorportaal.

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews