Om in enige gemeenskapskema te woon hou baie voordele in, maar geskille kan wel ontstaan. Dit is hier waar die versoenings- en alternatiewe geskilbeslegtingsdienste wat CSOS (Community Schemes Ombud Service oftewel die Gemeenskapskemas se Ombuddiens ) bied, na vore kom.

Ons begin met ‘n bespreking oor die tipe geskille wat na die Ombud verwys kan word en waarom 'n onlangse beslissing van die Hooggeregshof inhou dat jy slegs in buitengewone omstandighede direk by die hof kan aanklop. 'n Groep eienaars in 'n stedelike gebou met gemengde gebruik het dit op die harde manier uitgevind. Die hof bevind dat hul aansoek ‘n misbruik van die regsproses is en ken dan kostes op die bestraffende skaal teen die eienaars toe.

Ons kyk ook in 'n ander hofsaak na 'n uitsondering op hierdie algemene reël, waar die hof bevind het dat die Ombud nie die bevoegdheid gehad het om 'n skadevergoedingseis aan te hoor nie.

Verkry eers gepaste regsadvies sodat jy reg kan besluit om jou geval na die Ombud of na die Hooggeregshof te neem.
 


Teken aan
DGA - Debra Gouws Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English


11Bellwood debra@gouwsattorneys.co.za debra@gouwsattorneys.co.za www.kle.co.za/home.htm
November 2021 NUUSBRIEF
Geskille in Gemeenskapskemas en die Ombud se bevoedgheid om dit op te los

Om in enige gemeenskapskema te woon hou baie voordele in, maar geskille kan wel ontstaan. Dit is hier waar die versoenings- en alternatiewe geskilbeslegtingsdienste wat CSOS (Community Schemes Ombud Service oftewel die Gemeenskapskemas se Ombuddiens ) bied, na vore kom.

Ons begin met ‘n bespreking oor die tipe geskille wat na die Ombud verwys kan word en waarom 'n onlangse beslissing van die Hooggeregshof inhou dat jy slegs in buitengewone omstandighede direk by die hof kan aanklop. 'n Groep eienaars in 'n stedelike gebou met gemengde gebruik het dit op die harde manier uitgevind. Die hof bevind dat hul aansoek ‘n misbruik van die regsproses is en ken dan kostes op die bestraffende skaal teen die eienaars toe.

Ons kyk ook in 'n ander hofsaak na 'n uitsondering op hierdie algemene reël, waar die hof bevind het dat die Ombud nie die bevoegdheid gehad het om 'n skadevergoedingseis aan te hoor nie.

Verkry eers gepaste regsadvies sodat jy reg kan besluit om jou geval na die Ombud of na die Hooggeregshof te neem.
lees meer


Ontslaan na Rassistiese Facebook Plasing
ArticleImage

Ons howe duld nie rassisme in enige vorm nie. Enigiemand wat Facebook (of enige ander sosialemedia-platform of aanlynforum) gebruik om rasgebaseerde haatspraak te verkondig of te ondersteun, sal hul vasloop.

‘n Onlangse uitspraak van die Arbeidshof bevestig dat summiere ontslag vir diegene wag wat rassistiese uitlatings by die werkplek, maar ook daar buite, wil maak.

‘n Algemene werker het buite werksure en buite sy werkplek 'n rassistiese opmerking op 'n openbare Facebook-groep geplaas. Die hof bevestig dat sy ontslag substantief en prosedureel billik was. Elke werkgewer en elke werknemer word aangeraai om kennis te neem van die hof se redes en besluit hierin.

   
lees meer
Vrywaringsklousules in Kontrakte – fynskrif kan dit uitkanselleer
ArticleImage

Vrywaringsklousules kom standaard in die meeste kontrakte voor. As 'n verskaffer van goedere of dienste is, is dit veral belangrik om jou risiko om gedagvaar te word, te beperk. Maar is dit afdwingbaar?

Ons verwys na 'n uitspraak van die Appèlhof waarin die toekenning van 'n aansienlike skadevergoedingseis teen 'n internasionale verskepingsredery bevestig is.

Die redery het versuim om 'n opgeknapte vliegtuigmotor aan hul kliënt te lewer en hulle het hul daarna op die vrywaringsklousules in die ooreengekome handelsvoorwaardes beroep. Die hof het nie hiermee saamgestem nie.

Ons eindig met praktiese advies vir beide verskaffers en kliënte.

   
lees meer
Ongetroude Ouers: “Kennisgewing van Geboorte” Uitspraak bied nou drie keuses met die registrasie van die Kind se Van
ArticleImage

As ‘n ouer van 'n pasgebore baba, is jy wetlik verplig om jou kind met 'n "Kennisgewing van Geboorte" by Binnelandse Sake te registreer. Hier maak jy dan die belangrike keuse om die kind se van in die bevolkingsregister aan te teken. Of jy getroud is of nie, dit maak geen verskil aan die verpligting om die geboorte te registreer nie. Tot op hierdie stadium het die Wet op Registrasie van Geboortes en Sterftes 'n ongetroude vader verhinder om die kind se Kennisgewing van Geboorte onder sy eie van te registreer, behalwe met die toestemming van die moeder.

'n Onlangse besluit van die Grondwetlike Hof het dit verander. Ongetroude ouers is nou in presies dieselfde posisie as die getroude ouers. Lees verder vir meer hieroor. Vind ook uit oor die drie vankeuses wat nou beskikbaar is vir beide getroude en ongetroude ouers ...

   
lees meer
Webwerf van die maand: Jy kan jou motorlisensie nou aanlyn hernu
ArticleImage

Hier is darem goeie nuus vir motoriste wat nie meer kans sien om elke jaar in die tou te staan om ons motorlisensies te hernu nie.

Ons vriende by die “Road Traffic Management Corporation” het 'n aanlyn betalingsportaal geloods. Hiermee kan ons nou ons lisensieskyfies op die NaTIS-aanlynplatform registreer, hernu en betaal.

Lees “New online car licence disc renewal portal launched” op MyBroadband vir meer inligting en instruksies oor hoe om hierdie nuwe fasiliteit te gebruik. Aan die einde van die artikel sal jy ook lees van die beplande slimfoon-app van die SA Poskantoor en FNB se bestaande aanlyn hernuwings- en afleweringsdienste.

Neem kennis: Dit het nie betrekking op jou bestuurderslisensiekaart nie. Daar is wel sprake van ‘n aanlyn-hernuwingstelsel vir jou bestuurderslisensiekaart wat beplan word, maar dit is nog nie gefinaliseer nie.

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews