Die Nasionale Minimumloon vir elke “gewone uur gewerk” is vanaf 1 Maart 2025 verhoog met 4,4% van R27,58 per uur tot R28,79 per uur.
Huiswerkers: As ons as voorbeeld aanvaar dat 'n werkmaand uit 22 dae x 8 uur per dag bestaan, is R28,79 per uur gelyk aan R230,32 per dag of R5067,04 per maand. Dit is natuurlik net die wetlik voorgeskrewe minimumloon: die Lewende Loon rekenaar sal jou help om te kyk of jy die huishulp wat jy in diens het, werklik genoeg betaal om ’n huishouding se “minimale lewensbehoefte” te dek (jy kan die “Aannames” in die rekenaar aanpas om te verseker dat die syfers wat jy gebruik, op datum is).
|