Uit alle oorde word daar kritiek uitgespreek oor die nuwe Immigrasie Regulasies. Dit lyk ook ‘n uitgemaakte saak te wees dat die regulasies uiteindelik in die Grondwetlike Hof gaan draai. Totdat dit gebeur moet jy egter so ver moontlik probeer om daarby te hou, anders gaan jy en diegene naby aan jou dalk probleme optel met jou volgende buitelandse reis. 

Die Regulasies is ingewikkeld en deurspek met grys areas. Dit word ook dikwels op kort kennisgewing gewysig.  Indien jy in Suid-Afrika is of beplan om binnekort hier besoek af te lê met ‘n visum of ‘n permit (die meeste permitte onder die ou stelsel word nou visums genoem), moet jy eers vasstel wat die huidige posisie is . . .
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Julie 2014 NUUSBRIEF
Immigrante, Besoekers En Ouers Van Minderjarige Kinders: Nuwe Reëls Vir Reisigers, Nuwe Risiko’s
Uit alle oorde word daar kritiek uitgespreek oor die nuwe Immigrasie Regulasies. Dit lyk ook ‘n uitgemaakte saak te wees dat die regulasies uiteindelik in die Grondwetlike Hof gaan draai. Totdat dit gebeur moet jy egter so ver moontlik probeer om daarby te hou, anders gaan jy en diegene naby aan jou dalk probleme optel met jou volgende buitelandse reis. 

Die Regulasies is ingewikkeld en deurspek met grys areas. Dit word ook dikwels op kort kennisgewing gewysig.  Indien jy in Suid-Afrika is of beplan om binnekort hier besoek af te lê met ‘n visum of ‘n permit (die meeste permitte onder die ou stelsel word nou visums genoem), moet jy eers vasstel wat die huidige posisie is . . .
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Verhuurder: Wat Gemaak As Jou Huurder Insolvent Is?
ArticleImage In die sakewêreld gebeur dit dikwels dat verhuurders die slegte nuus ontvang dat hul huurder gelikwideer gaan word (wanneer dit ‘n regsentiteit soos ‘n maatskappy of beslote korporasie is, is dit ‘n “likwidasie” terwyl ‘n individu of ‘n trust “gesekwestreer” word). As dit met jou as die verhuurder gebeur, sal jy wil weet wat jou regte is en hoe jy dit moet bestuur. 

‘n Onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl illustreer die toepaslike regsbeginsels.
   
lees meer
Die Winkel Met Die Gladde Vloer: Verpligtinge En Skadevergoeding
ArticleImage Jy gaan inkopies doen by jou gunsteling supermark. Terwyl jy in die gang afstap, gly jy op ‘n nat en gladde gedeelte van die vloer en jy word beseer. Het jy ‘n eis teen die supermark vir jou besering en jou skade?

In beginsel sal jy wel oor ‘n eis beskik, indien jy kan aantoon dat die winkel en sy werknemers nalatig was. So ‘n saak is onlangs in die Hoogste Hof van Appèl beslis. Hier het die klant gegly en geval op die gladde vloeroppervlak, nadat ‘n skoonmaker die vloer tydens ‘n besige tyd, met ‘n mop skoongemaak het. Daar was wel ‘n duidelike waarskuwingsteken, maar hierdie teken was ‘n ent weg van waar die klant gegly en haar beserings opgedoen het. 
   
lees meer
Entrepreneurs: Hierdie Opgawe Kan Jou Help
ArticleImage “It's about dialoguing with them [small businesses] to see where the challenges are” (Lindiwe Zulu, die Minister wat pas aangestel is in die nuwe Ministerie van Klein Sake Ontwikkeling).

Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) het onlangs opdrag gegee dat ‘n omvattende KMO navorsingsprojek geloods word. Die projek het ten doel om vas te stel wat nodig is om KMO’s meer suksesvol te maak in Suid-Afrika. As jy nog nie deelgeneem het nie, kan jy die opname deur die volgende skakel voltooi  : https://www.surveymonkey.com/s/SAICA_SME_Research.

Dit sal slegs 15 minute van jou tyd in beslag neem. Sodanige opgawe sal vir ‘n goeie doel gebruik word. Die navorsing sal gebruik word om die regering se steun te werf om daadwerklike aksie te neem om die belange en bekommernisse van die KMO’s aan te spreek. Die tydsberekening kan ook nie beter wees nie; met die onlangse aanstelling van ‘n Minister vir Kleinondernemingsontwikkeling wat duidelik gretig is om betrokke te raak met die KMO’s.

Die sluitingsdatum van die opgawe is 11 Julie. 

   
Eiendomsagente – Nog Net 1 Jaar!
ArticleImage Eiendomsagente se Nasionale Kwalifikasieraamwerk moet gesertifiseer word teen óf die NQF Vlak 5 (vir prinsipale eiendomsagente) of NQF Vlak 4 (vir nie-prinsipale eiendomsagente). Hierdie sertifisering moet teen 30 Junie 2015 geskied. 

U word aangeraai om ag te slaan op die waarskuwing van die Raad vir Eiendomsagentskapaangeleenthede: Daar word nie voorsien dat hierdie sperdatum weer verleng sal word nie. Die raad beklemtoon dat eiendomsagente wat nie teen die sperdatum gesertifiseer is nie, nie ‘n getrouheidsfondssertifikaat sal ontvang nie. Sodanige sertifikaat is natuurlik ‘n wetlike voorvereiste vir enige agent om die funksies en aktiwiteite  van ‘n eiendomsagentska
   
Die Julie Webwerf: Goeie Google Vernuf
ArticleImage Die Internet is ‘n oorweldigende bron van inligting en advies en is deesdae ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir elke besigheid en individu.

Die Internet groei egter teen ‘n duiselingwekkende tempo met die daaglikse skepping van ongeveer 140,000 nuwe webwerwe. Dit is dus van uiterste belang dat jou soekenjin op die mees doeltreffende manier gebruik word.

‘n Handige wenk – indien jy wil hê Google moet net op plaaslike webwerwe soek, tik dan jou navraagterme in en voeg by “site:za”. Jy kan natuurlik dieselfde vir enige ander land doen.

Lees ook gerus die Huffington Post se “14 Google Search Tricks That Make Life A Whole Lot Easier” te http://www.huffingtonpost.com/2014/05/30/google-search-tricks_n_5338470.html.
   
100 Jaar Gelede – Die Oorlog Wat Alle Oorloë Tot ‘n Einde Sou Bring
Albert Einstein het gesê dat hy nie in staat was om te voorspel watter wapens in die Derde Wêreldoorlog gebruik sou word nie. Hy was wel in staat om te sê wat in die Vierde Wêreldoorlog gebruik sou word – “stokke en klippe”!

Op 28 Julie 1914 is die eerste skote gevuur, waarna oorlog verklaar is in wat ons vandag as die Eerste Wêreldoorlog ken. Hierdie oorlog het 17 miljoen lewens geëis en die wêreld in geheel verander. ‘n Insiggewende uitleg van hierdie geskiedenis tesame met foto’s en beeldmateriaal is op Wikipedia te sien http://en.wikipedia.org/wiki/World_War_I. Ons kan maar net hoop dat Friedrich Hegel verkeerd was met sy stelling dat die enigste ding wat die mensdom uit die geskiedenis leer, is dat ons niks uit die geskiedenis leer nie.
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews