|
Dit klink verregaande dat ‘n mens ingevolge die Nasionale Kredietwet as ‘n kredietverskaffer moet registreer om ‘n eenmalige lening aan ‘n vriend of ‘n famililielid te mag maak. Dit is presies wat ‘n nuwe beslissing van die Hoogste Hof van Appèl bepaal.
Ons bespreek wat gebeur indien jy nie registreer nie, indien dit wel van jou vereis word. Ons kyk na die grys area rondom die vraag oor wanneer jy moet registreer en wanneer nie en ons kyk ook na die spesifieke risiko’s wat verkopers van eiendom in die gesig staar.
Alle aanduidings is dat dit ‘n tydsame proses is, met die meegaande rompslomp om as ‘n kredietverskaffer te registreer. Dit help dus om eerder vooruit te beplan.
|
|
|
|
Elkeen van ons het ‘n plig om misdaad by die polisie aan te meld. Dit is veral belangrik wanneer dit in ons werksomgewing gebeur. Stilbly kan ‘n mens ook in die moelikheid laat beland.
Maar wat as dit later blyk dat dit die verkeerde besluit was om die misdaad te rapporteer? Of dit dalk nie bewys kan word nie? Kan jy jou aan die ontvangkant van ‘n lastereis bevind?
Ons bespreek hierdie na aanleiding van ‘n onlangse hofsaak. ‘n Werknemer is in hegtenis geneem as gevolg van ‘n vermoede dat hy op ‘n bedrieglike wyse iPads ter waarde van R138,000 bestel het. Die polisie laat hom vry sonder om hom aan te kla. Hy dagvaar sy werkgewer vir skadevergoeding van R1,6 miljoen. Die hof lys drie dinge wat bewys moet word as jy jou wil beroep op die verweer dat dit redelik was om die misdaad aan te meld.
|
|
|
|
Die polisie verdien ons ondersteuning in hul pogings om onwettige vuurwapens in Suid-Afrika hok te slaan. Daar is immers ongeveer 2,3 miljoen onwettige vuurwapens daar buite!
Wat gebeur as jy as ‘n wettige vuurwapeneienaar vir een of ander rede toelaat dat jou vuurwapenlisensie verval? Die polisie sal waarskynlik druk op jou plaas om jou vuurwapen vir vernietiging te oorhandig. Hulle mag ook aanvoer dat indien jy dit nie doen nie, jy vir ‘n ernstige oortreding vervolg sal word.
Dit is ‘n ernstige dilemma om in te wees. Daar is ongeveer ‘n halfmiljoen ander mense wat in dieselfde bootjie is. Dit is belangrik dat jy kennis neem van die bepalings van ‘n onlangse interdik wat in die Hooggeregshof teen die SAPD toegestaan is. Lees gerus verder vir meer hieroor.
|
|