“Moenie wag om grond te koop nie, koop eerder grond en wag dan.” Die gesegde kom uit Amerika. As jy hiermee identifiseer en oorweeg om in die Feesseisoen ‘n eiendom te koop, onthou dat die titelakte self ‘n belangrike bron van inligting is. 

Die inligting wat jy in die titelakte vind, kan jou die kritiese inligting gee wat jy benodig om ‘n finale besluit te neem. Dit kan ook ‘n invloed hê op die prys wat jy bereid is om vir die eiendom aan te bied.

Ons verduidelik wat ‘n titelakte is, waarom dit belangrik is om daarna te kyk voordat jy ‘n aanbod maak, en waarna jy moet oplet wanneer jy die titelakte deurgaan.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Desember 2018 NUUSBRIEF
Beplan jy om hierdie Feesseisoen eiendom te Koop? Gaan dan die Titelakte van die eiendom na!
“Moenie wag om grond te koop nie, koop eerder grond en wag dan.” Die gesegde kom uit Amerika. As jy hiermee identifiseer en oorweeg om in die Feesseisoen ‘n eiendom te koop, onthou dat die titelakte self ‘n belangrike bron van inligting is. 

Die inligting wat jy in die titelakte vind, kan jou die kritiese inligting gee wat jy benodig om ‘n finale besluit te neem. Dit kan ook ‘n invloed hê op die prys wat jy bereid is om vir die eiendom aan te bied.

Ons verduidelik wat ‘n titelakte is, waarom dit belangrik is om daarna te kyk voordat jy ‘n aanbod maak, en waarna jy moet oplet wanneer jy die titelakte deurgaan.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

As ek geld aan ‘n vriend leen of eiendom op skuld verkoop, moet ek dan as ‘n kredietverskaffer registreer?
ArticleImage Dit klink verregaande dat ‘n mens ingevolge die Nasionale Kredietwet as ‘n kredietverskaffer moet registreer om ‘n eenmalige lening aan ‘n vriend of ‘n famililielid te mag maak. Dit is presies wat ‘n nuwe beslissing van die Hoogste Hof van Appèl bepaal.

Ons bespreek wat gebeur indien jy nie registreer nie, indien dit wel van jou vereis word. Ons kyk na die grys area rondom die vraag oor wanneer jy moet registreer en wanneer nie en ons kyk ook na die spesifieke risiko’s wat verkopers van eiendom in die gesig staar.

Alle aanduidings is dat dit ‘n tydsame proses is, met die meegaande rompslomp om as ‘n kredietverskaffer te registreer. Dit help dus om eerder vooruit te beplan.
   
lees meer
Die Aanmelding van ‘n Misdaad en die Gevaar van Laster: Lesse vanuit die Werksomgewing.
ArticleImage Elkeen van ons het ‘n plig om misdaad by die polisie aan te meld. Dit is veral belangrik wanneer dit in ons werksomgewing gebeur. Stilbly kan ‘n mens ook in die moelikheid laat beland.

Maar wat as dit later blyk dat dit die verkeerde besluit was om die misdaad te rapporteer? Of dit dalk nie bewys kan word nie? Kan jy jou aan die  ontvangkant van ‘n lastereis bevind? 

Ons bespreek hierdie na aanleiding van ‘n onlangse hofsaak. ‘n Werknemer is in hegtenis geneem as gevolg van ‘n vermoede dat hy op ‘n bedrieglike wyse iPads ter waarde van R138,000 bestel het. Die polisie laat hom vry sonder om hom aan te kla.  Hy dagvaar sy werkgewer vir skadevergoeding van R1,6 miljoen. Die hof lys drie dinge wat bewys moet word as jy jou wil beroep op die verweer dat dit redelik was om die misdaad aan te meld.
   
lees meer
Vuurwapeneienaars: Wat staan jou te doen as jou lisensie verval het?
ArticleImage Die polisie verdien ons ondersteuning in hul pogings om onwettige vuurwapens in Suid-Afrika hok te slaan. Daar is immers ongeveer 2,3 miljoen onwettige vuurwapens daar buite! 

Wat gebeur as jy as ‘n wettige vuurwapeneienaar vir een of ander rede toelaat dat jou vuurwapenlisensie verval? Die polisie sal waarskynlik druk op jou plaas om jou vuurwapen vir vernietiging te oorhandig. Hulle mag ook aanvoer dat indien jy dit nie doen nie, jy vir ‘n ernstige oortreding vervolg sal word. 
 
Dit is ‘n ernstige dilemma om in te wees. Daar is ongeveer ‘n halfmiljoen ander mense wat in dieselfde bootjie is. Dit is belangrik dat jy kennis neem van die bepalings van ‘n onlangse interdik wat in die Hooggeregshof teen die SAPD toegestaan is. Lees gerus verder vir meer hieroor.
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Daar is mense met ‘n vrees vir geskenke gee. Daar is ook ‘n wetenskaplike oplossings vir die probleem!
ArticleImage Is jy, soos baie van ons hierdie tyd van die jaar, “vasgevang in ‘n oomblik van angs wanneer dit kom by die opsporing van geskenke wat ons geliefdes sal waardeer”? 

Indien wel, moenie moed verloor nie. Wetenskaplikes van regoor die wêreld het navorsing gedoen oor presies wat die perfekte geskenk daarstel, en hoe om dit op te spoor.

Ons deel graag met jou drie webtuistes om jou te help om jou vaardighede van “geskenkgee” op te skerp, die beste geskenke te kies om jou verhouding te versterk, en “hoe om meer te kry uit geskenke” met ‘n eenvoudige wen/wen wenk wat jou net so tevrede sal laat as die gelukkige ontvanger van die geskenk wat jy gee.
   
lees meer

ArticleImage

Dankie vir jou ondersteuning in 2018. Ons wens jou ‘n Wonderlike Feesseisoen toe en ‘n Gelukkige en Voorspoedige 2019.

Geniet die ruskans wat nou om die draai is!
   

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews