Heffings is die lewensbloed van ‘n gesonde deeltitelskema. Eienaars en trustees neem gerus kennis van ‘n onlangse uitspraak van die Appèlhof wat die regspersoon se reg om ‘n eienaar, wat weier om sy agterstallige heffings te betaal, te sekwestreer wesentlik inperk. 

Dit het ernstige gevolge op die regspersoon se vermoë om agterstallige gelde in te vorder deur die waarde in die eenheid self te ontsluit. Tree dus vroegtydig op om agterstallige heffing in die kiem te smoor.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Mei 2017 NUUSBRIEF
Invordering van agterstallige heffings: ‘n Nuwe risiko vir die Regspersoon
Heffings is die lewensbloed van ‘n gesonde deeltitelskema. Eienaars en trustees neem gerus kennis van ‘n onlangse uitspraak van die Appèlhof wat die regspersoon se reg om ‘n eienaar, wat weier om sy agterstallige heffings te betaal, te sekwestreer wesentlik inperk. 

Dit het ernstige gevolge op die regspersoon se vermoë om agterstallige gelde in te vorder deur die waarde in die eenheid self te ontsluit. Tree dus vroegtydig op om agterstallige heffing in die kiem te smoor.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Direkteure en die gevaar van misdadigheid
ArticleImage
Direkteure het baie uitdagings insluitend die gevaar dat hul as misdadig (“delinquent”) verklaar kan word of op die proef (“probation”) gestel kan word.

Ons bespreek wie aansoek kan doen om ‘n bevel van misdadigheid te verkry en die ernstige gevolge wat dit vir ‘n direkteur inhou as dit toegestaan word.

Lees ook oor ‘n onlangse saak in die Hoë Hof waar miljoene rande van die publiek ingesamel is en die planne om ‘n internasionale lughawe te bou wat nie deurgevoer is nie. Die direkteur bevind hom nou vir ‘n tydperk van sewe jaar in niemandsland.
   
lees meer
Verhuurder en Huurder – Wie betaal vir herstelwerk wat nie gemagtig is nie?
ArticleImage
Jy huur ‘n huis en die geiser pak op of die swembad begin lek. Die verhuurder ignoreer jou versoeke om die probleme reg te stel of weier dit deurlopend. Kan jy die herstelwerk self laat doen en die herstelkostes van jou huurgeld aftrek?
Ons kyk na ‘n onlangse saak in die Hoë Hof wat sleg afgeloop het vir die huurder.

Ons deel ook ‘n paar wenke vir beide verhuurders en huurders oor moontlike hulpmiddels om sulke duur en onnodige geskille in die toekoms te vermy.
   
lees meer
Skuldeisers – Daardie Spesiale Notariële Verband sal vir 30 jaar hou
ArticleImage
Positiewe nuus vir skuldeisers: ‘n Onlangse Appèlhofuitspraak bevind ten gunste van ‘n skuldeiser en beveel die betaling van die verskuldigde bedrag van R500 000. Die skuldenaar was ‘n beslote korporasie en die lid wat persoonlik borg geteken het vir die terugbetaling van die skuld. 

Ons verduidelik wat ‘n spesiale notariële verband oor roerende bates behels. Ons verduidelik hoe dit jou na drie jaar teen ‘n verweer van verjaring kan beskerm, hoe dit jou eis kan verseker en hoe hierdie beskerming vir ‘n tydperk van 30 jaar geldig en afdwingbaar sal bly.
   
lees meer
Jou Mei webwerf: Toepassings wat vir jou geld spaar in ‘n tyd van rommel
ArticleImage

Daar is duidelik uitdagende tye wat vir ons wag, met voorspellings van prysstygings, rentekoersverhogings en beperkte inkomste. Hier is 5 finansiering toepassings wat jou kan help om te oorleef deur uitgawes te beheer en besparing te bevorder.

En te midde van die donker wolke, moet ons onthou dat ons al voorheen in hierdie posisie was en ons het dit oorleef! Kyk gerus na die grafiek wat die geskiedenis van ons gradering sedert 1994 aandui. 
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews