Cheops, ‘n Egiptiese farao wat in die 26ste Eeu vC regeer het, moes 20 jaar lank wag terwyl sy Groot Piramide van Giza gebou is. Hy het seker ook, soos ons vandag, ondervind dat dit selde gebeur dat enige bouwerk op tyd of teen die begrote koste afgehandel en gelewer word. 

Nadat jy hopelik nie te lank gewag het vir jou droomhuis om klaar gebou te word nie, sal jy so gou as moontlik wil intrek.

Nou benodig jy ‘n Okkupasiesertifikaat van jou plaaslike munisipaliteit. Ons kyk hierna, wat dit behels, waarom dit nodig is, hoe dit jou beskerm en hoe jy dit kan kry.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Junie 2017 NUUSBRIEF
Huis gebou: Wat is ‘n okkupasiesertifikaat en hoekom het jy dit nodig?
Cheops, ‘n Egiptiese farao wat in die 26ste Eeu vC regeer het, moes 20 jaar lank wag terwyl sy Groot Piramide van Giza gebou is. Hy het seker ook, soos ons vandag, ondervind dat dit selde gebeur dat enige bouwerk op tyd of teen die begrote koste afgehandel en gelewer word. 

Nadat jy hopelik nie te lank gewag het vir jou droomhuis om klaar gebou te word nie, sal jy so gou as moontlik wil intrek.

Nou benodig jy ‘n Okkupasiesertifikaat van jou plaaslike munisipaliteit. Ons kyk hierna, wat dit behels, waarom dit nodig is, hoe dit jou beskerm en hoe jy dit kan kry.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Dagga – Arrestasie bly ‘n moontlikheid
ArticleImage
Teenstrydige mediaberigte skep verwarring oor die vraag of dagga (cannabis) nog ‘n onwettige dwelm in Suid-Afrika is, al dan nie. 

Ons kyk na die onlangse uitspraak van die Hoë Hof en bespreek die effek daarvan op die kweek en gebruik van dagga in jou eie woning. Kan pasiënte wat dagga vir persoonlike, medisinale wil gebruik toestemming kry om dit te doen? Wat is die storie met die kweek van dagga? Wat is die situasie met dagga in die werkplek? 

Lees gerus verder, hier is pertinente inligting en belangrike waarskuwings ter sprake.
   
lees meer
Sal jou Huweliksvoorwaardekontrak Trustbates teen egskeiding beskerm?
ArticleImage
‘n Bittere egskeidingstryd in die Appèlhof wys weer hoe belangrik dit vir huwelikspartye is om voor die troue, volledig met hul prokureurs of onderskeie prokureurs te konsulteer om ‘n gepaste huweliksvoorwaardekontrak te finaliseer. Jou HVK moet volledige besonderhede bevat om toekomstige scenarios aan te spreek. 

Hier was miljoene rande ter sprake. Die vrou het aanspraak gemaak op bates in twee trusts. Aldus haar was trustbates nie uitgesluit in die HVK nie; alternatiewelik behoort die bates in elk geval regtens in haar man se boedel. Sy wou dus die trustbates insluit by die berekening. Dan het sy ‘n direkte aanspraak daarop as deel van die aanwas.  
   
lees meer
Begin jy met ‘n besigheid? Die besigheidstrust as ondernemingsvorm
ArticleImage
“Goed begin is half gewin” As jy ‘n lewensvatbare besigheidskonsep het en jy is uitgeknip vir die opwindende lewe van ‘n entrepreneur, moet jy professionele advies inwin oor hoe om te begin.

In ons reeks “Kies die regte entiteit vir jou besigheid“ kyk ons na die positiewe en negatiewe aspekte van ‘n besigheidstrust.

Ons bespreek die trustkonsep en spesifiek die “besigheidstrust”. Ons kyk ook na 5 voordele en 3 nadele van die trustvorm. Ons kyk ook na die aanslag van die owerhede se kant af op trusts.
   
lees meer
Jou Junie-webwerwe: Gebruik gesonde voedsel in die stryd teen griep
ArticleImage
Hippokrates het reeds in 400 vC verkondig dat voedsel jou medisyne moet wees, en medisyne jou voedsel. 

Moet nie dat verkoue en griep jou hierdie winter onderkry nie. Veral nie as jy jou eie besigheid bedryf nie. Onthou, elke dag wat jy siek is, is ‘n dag waarop jy goeie geleenthede kan mis.  

Ons kyk na ‘n wetenskaplike oorsig oor die beste 15 tipes voedsel om te eet, wanneer siekte jou pak. Ons kyk ook na hulpmiddels en die positiewe effek van “goeie voedsel” en die aanvulling daarvan met die hulp van jou plaaslike apteker.   Lees gerus verder.
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews