|
Is jou bank daarop geregtig om – sonder jou kennis en toestemming – jou lopende rekening se kredietbalans aan te wend vir die vereffening van ‘n ander bedrag wat jy aan hulle verskuldig is?
Banke het nog altyd aangevoer dat die gemeenregtelike beginsel van “skuldvergelyking” hulle wel magtig om dit te doen. Ook dat hierdie vermoë van banke tot ons almal se voordeel is, aangesien dit aan banke ‘n mate van sekerheid verskaf wanneer die bank geld aan ons uitleen.
Die Nasionale Kredietreguleerder het die Hooggeregshof genader vir uitsluitsel of die Nasionale Kredietwet nie dalk dinge intussen verander het nie. Ons bespreek die verskillende aspekte wat hier ter sprake is, sowel as die hof se uitspraak.
|
|
|
|
Jou “sterk” hofsaak is nie veel werd sonder die nodige bewysstukke om jou saak te staaf nie. Wat gebeur wanneer daardie wesenlike bewyse in die hande van jou vyand beland, en jy vermoed dat dit na alle waarskynlikheid voor die verhoor vernietig gaan word of gaan verdwyn? Moenie bevrees wees nie, ons regstelsel beskik oor ‘n magtige wapen om jou te help – ‘n “Anton Piller” bevel vir deursoeking en beslaglegging.
Ons kyk na die verrassingselement wat by so ‘n aansoek ter sprake is. Dit is noodsaaklik vir die suksesvolle uitvoering van die bevel, maar dit is terselftertyd die onderliggende rede waarom ons howe dit met versigtigheid toestaan. Hier is heelwat vereistes wat nagekom moet word. ‘n Onlangse uitspraak van die Appèlhof, waar ‘n sagteware ontwikkelaar op grond van onregmatige mededinging ‘n eis vir skadevergoeding ingedien het, wys hoe dit in praktyk hanteer word.
|
|
|
|
Hierdie is dalk ‘n goeie tyd om Mark Twain se raad te volg: “Koop grond, hulle maak dit nie meer nie.”
Wanneer jy ‘n eiendom in die oog het en oorweeg om te koop, maak net eers vooraf seker of enigiemand tans daar woon. Indien wel, maak seker dat jy regsadvies oor die okkupeerders se regsposisie verkry. Alhoewel dit moontlik is om onregmatige okkupeerders uit te sit, is dit nie ‘n vinnige of maklike onderneming nie.
Ons bespreek die sterk grondwetlike en statutêre regte wat onregmatige okkupeerders in die lig van ‘n onlangse Hooggeregshof aangeleentheid geniet. In hierdie saak het ‘n gesin geweier om ‘n woonstel te ontruim nadat die woonstel verkoop is. Hulle het vir twee jaar aangehou om daar te woon sonder om ‘n sent huur te betaal.
|
|