Voorsorg is beter as nasorg! 

Ons rig hiermee ‘n ernstige waarskuwing aan almal wat by eiendomstransaksies betrokke is. Die internetslenters raak al hoe meer en ook al hoe meer gesofistikeerd. Jy moet weet hiervan en jy moet jouself daarteen beskerm. Daar is altyd baie op die spel wanneer eiendomme oorgedra word. Daarom raak jy ‘n gesogte teiken, sodra jy as koper of as verkoper by die koop of die verkoop van eiendom betrokke is. 

Ons kyk hoe hierdie gevalle van internetbedrog werk en hoe jy jou daarteen kan beskerm. Kies jou oordragprokureurs versigtig en bly regdeur die transaksie op jou hoede.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Augustus 2019 NUUSBRIEF
Wees gewaarsku! Die e-pos swendelary neem toe
Voorsorg is beter as nasorg! 

Ons rig hiermee ‘n ernstige waarskuwing aan almal wat by eiendomstransaksies betrokke is. Die internetslenters raak al hoe meer en ook al hoe meer gesofistikeerd. Jy moet weet hiervan en jy moet jouself daarteen beskerm. Daar is altyd baie op die spel wanneer eiendomme oorgedra word. Daarom raak jy ‘n gesogte teiken, sodra jy as koper of as verkoper by die koop of die verkoop van eiendom betrokke is. 

Ons kyk hoe hierdie gevalle van internetbedrog werk en hoe jy jou daarteen kan beskerm. Kies jou oordragprokureurs versigtig en bly regdeur die transaksie op jou hoede.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Kan jou Bank jou geld sonder jou Toestemming neem?
ArticleImage Is jou bank daarop geregtig om – sonder jou kennis en toestemming – jou lopende rekening se kredietbalans aan te wend vir die vereffening van ‘n ander bedrag wat jy aan hulle verskuldig is?

Banke het nog altyd aangevoer dat die gemeenregtelike beginsel van “skuldvergelyking” hulle wel magtig om dit te doen. Ook dat hierdie vermoë van banke tot ons almal se voordeel is, aangesien dit aan banke ‘n mate van sekerheid verskaf wanneer die bank geld aan ons uitleen.

Die Nasionale Kredietreguleerder het die Hooggeregshof genader vir uitsluitsel of die Nasionale Kredietwet nie dalk dinge intussen verander het nie. Ons bespreek die verskillende aspekte wat hier ter sprake is, sowel as die hof se uitspraak. 
   
lees meer
Hoe om te keer dat Wesenlike bewysstukke vernietig word
ArticleImage Jou “sterk” hofsaak is nie veel werd sonder die nodige bewysstukke om jou saak te staaf nie. Wat gebeur wanneer daardie wesenlike bewyse in die hande van jou vyand beland, en jy vermoed dat dit na alle waarskynlikheid voor die verhoor vernietig gaan word of gaan verdwyn? Moenie bevrees wees nie, ons regstelsel beskik oor ‘n magtige wapen om jou te help – ‘n “Anton Piller” bevel vir deursoeking en beslaglegging.

Ons kyk na die verrassingselement wat by so ‘n aansoek ter sprake is. Dit is noodsaaklik vir die suksesvolle uitvoering van die bevel, maar dit is terselftertyd die  onderliggende rede waarom ons howe dit met versigtigheid toestaan. Hier is heelwat vereistes wat nagekom moet word. ‘n Onlangse uitspraak van die Appèlhof, waar ‘n sagteware ontwikkelaar op grond van onregmatige mededinging ‘n eis vir skadevergoeding ingedien het, wys hoe dit in praktyk hanteer word.
   
lees meer
Onregmatige Okkupeerders: Uitsetting is wel moontlik, maar dit is beslis nie maklik of vinnig nie
ArticleImage Hierdie is dalk ‘n goeie tyd om Mark Twain se raad te volg: “Koop grond, hulle maak dit nie meer nie.” 

Wanneer jy ‘n eiendom in die oog het en oorweeg om te koop, maak net eers vooraf seker of enigiemand tans daar woon. Indien wel, maak seker dat jy regsadvies oor die okkupeerders se regsposisie verkry. Alhoewel dit moontlik is om onregmatige okkupeerders uit te sit, is dit nie ‘n vinnige of maklike onderneming nie.

Ons bespreek die sterk grondwetlike en statutêre regte wat onregmatige okkupeerders in die lig van ‘n onlangse Hooggeregshof aangeleentheid geniet. In hierdie saak het ‘n gesin geweier om ‘n woonstel te ontruim nadat die woonstel verkoop is. Hulle het vir twee jaar aangehou om daar te woon sonder om ‘n sent huur te betaal.
   
lees meer
Jou Webwerf van die Maand: Toegang tot jou Erflating as jy jou oorsee bevind.
ArticleImage
Wat gebeur wanneer jy Suid-Afrika verlaat het, en nou vanaf oorsee toegang tot ‘n erflating benodig? 

‘n Stap-vir-stap uiteensetting oor hoe om dit te doen op BizNews gee raad. Dit wissel na gelang daarvan of jy –
  • ‘n Nie-inwoner is,

  • Finansieël geëmigreer het, of

  • ‘n Suid-Afrikaner is wat tydelik in die buiteland is.
Lees ook die gedeelte oor hoe belasting op erflatings werk. 

Hou in gedagte dat ‘n artikel soos hierdie noodwendig slegs vir jou ‘n breë oorsig oor die algemene beginsels wat van toepassing is, kan gee. ‘n Fout op hierdie gebied kan jou duur te staan kom. Daarom moet jy eerder professionele advies rakende jou spesifieke omstandighede verkry.
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews