Jy is ‘n direkteur van ‘n maatskappy en jy het die nodige navorsing gedoen oor ‘n eiendomstransaksie wat julle wil sluit. Jy doen aansoek vir finansiering by die bank. Die bank is bereid om finansiering aan die maatskappy te verleen, maar vereis dat jy persoonlik borg staan vir die maatskappy se verpligtinge. Jy teken dan die borgooreenkoms.
Later is daar probleme met die transaksie en die bank dagvaar jou persoonlik vir die terugbetaling van R5 miljoen. Skielik kyk jy met nuwe oë na die borgooreenkoms met die hoop om die verpligting te ontkom. Ons kyk na ’n saak in die Hooggeregshof wat hieroor gehandel het.
|