Ons bevind ons tans te midde van ‘n dodelike panemie. Tog dui statistieke daarop dat soveel as 80% van Suid-Afrikaners nie ‘n “Laaste Testament en Wilsbeskikking” in plek het nie.

Ons kyk na hoe en waarom ‘n geldige testament, wat as deel van jou volledige boedelbeplanning in plek moet wees, jou geliefdes teen onnodige onsekerheid, kommer en risiko’s sal beskerm wanneer hulle dit die nodigste het.

Hierna deel ons ‘n eenvoudige 15-punt kontrolelys wat jou sal help om ‘n blywende nalatenskap aan jou familie te verseker, gestruktureer om na hulle om te sien wanneer jy nie meer daar is om dit self te doen nie.

 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
September 2021 NUUSBRIEF
Boedelbeplanning en Jou Testament: ‘n Kontrolelys om jou Naasbestaandes te Beskerm

Ons bevind ons tans te midde van ‘n dodelike panemie. Tog dui statistieke daarop dat soveel as 80% van Suid-Afrikaners nie ‘n “Laaste Testament en Wilsbeskikking” in plek het nie.

Ons kyk na hoe en waarom ‘n geldige testament, wat as deel van jou volledige boedelbeplanning in plek moet wees, jou geliefdes teen onnodige onsekerheid, kommer en risiko’s sal beskerm wanneer hulle dit die nodigste het.

Hierna deel ons ‘n eenvoudige 15-punt kontrolelys wat jou sal help om ‘n blywende nalatenskap aan jou familie te verseker, gestruktureer om na hulle om te sien wanneer jy nie meer daar is om dit self te doen nie.

lees meer


Uitsetting geweier – Grondeieneaars, onregmatige Okkupeerders en die toets vir “regverdigheid en billikheid”
ArticleImage

Hier is nog ‘n waarskuwing aan grondeienaars, kopers van eiendom en verhuurders om uiters versigting met “onregmatige okkupeerders” te werk te gaan.

Ons bespreek ‘n saak wat onlangs deur die Hoogste Hof van Appél beslis is, waar ‘n uitsettingsbevel teen ‘n bejaarde weduwee en haar gestremde seun tersyde gestel is.

Die eienaar het die eiendom op ‘n likwidasie-veiling aangekoop. Hierna het hy oënskynlik aan die streng vereistes van die Wet op Voorkoming van Onregmatige Uitsetting en Onregmatige Okkupasie van Grond, oftewel “PIE” (“the Prevention of Illegal Eviction and Unlawful Occupation of Land Act”) voldoen. Nietemin is die eienaar se regte getroef deur die Hooggeregshof se verpligting om te verseker dat elke uitsetting “regverdig en billik” is.

   
lees meer
‘n Waarskuwing van Een Miljoen Rand: Neem die nodige stappe wanneer werknemers die aftree-ouderdom bereik
ArticleImage

Dit gebeur al hoe meer gereeld dat werknemers wat die “aftree-ouderdom” bereik, nie gereed is om op te hou met werk nie. Hulle kom dan met hul werkgewers ooreen om aan te bly en aan te hou met werk.

Dit klink na ‘n wen-wen oplossing vir almal. ‘n Onlangse uitspraak van die  Arbeidsappèlhof wys egter dat werkgewers hierdie proses versigting moet bestuur en al die potensiële gevare sorgvuldig moet oorweeg. In hierdie saak het die betrokke werknemer met ‘n ooreengekome aftree-ouderdom van 65, vir ‘n verdere vier jaar na hierdie aftree-ouderdom by sy werkgewer aangebly. Die betrokke werknemer het duidelik met Paul McCartney saamgestem dat “aftrede vir mense is wat nie hul werk geniet nie”. 

Die werknemer het hierna ‘n vrywillige skeidingspakket aanvaar, en ook in ‘n eis van R1 miljoen vir vergoeding teenoor die werkgewer geslaag. Dit behoort ‘n ernstige waarskuwing aan alle werkgewers te wees om nie die kwessie van “voortgesette diens na aftrede” ligtelik op te neem nie.

   
lees meer
Wees bedag op die risiko’s van gevolgskade in die vorm van “Verlies aan Winste”: Gaan jou kontrakte en versekeringsdekking na!
ArticleImage

Die bedryf van ‘n besigheid hou baie voordele in, maar daar is ook risiko’s aan verbonde. Een hiervan is die gevaar om vir skadevergoeding gedagvaar te word indien jy veroorsaak dat enigiemand enige vorm van verlies ly.

Vanuit ‘n praktiese en regsoogpunt kan jy natuurlik probeer om hierdie risiko’s te beperk. Jy het waarskynlik ook besigheidsversekering in plek wat jou teen sulke eise beskerm. Dit is egter belangrik dat jy moet verstaan dat ‘n eis vir skadevergoeding teen jou ook vir onversekerde “gevolgskade” kan wees, byvoorbeeld ‘n eis vir ‘n “verlies aan winste”.   

'n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof illustreer dit. Jy kan jouself in ‘n netelige situasie bevind indien dit gebeur – jy mag aanspreeklik wees vir skadevergoeding, maar sonder dat jou versekeraar jou daarvoor dekking bied.

   
lees meer
Webwerf van die Maand: Kry jou Nuwe Besigheid vinnig van die grond af
ArticleImage

Baie besighede moes al as gevolg van die COVID-19 pandemie hul deure sluit. Die pandemie het egter ook baie speelvelde gelyk gemaak en tot ‘n aantal nuwe besigheidsgeleenthede aanleiding gegee. Indien jy een van die belowende entrepreneurs daarbuite is wat beplan om jou eie besigheid te begin (dalk uit vrye keuse, of dalk na die sluit van ‘n vorige besigheid), wonder jy waarskynlik hoe en waar om te begin.

Bizly’s se artikel “Start a business: How to get going fast, the lean start-up way” (hier beskikbaar) deel ‘n aantal idees vir aksiebeplanning (“action planning”) met vinnige terugvoerlusse (“rapid feedback loops”) om jou besigheid vinnig en met die minimum risiko’s aan die gang te kry. Beantwoord 6 voorlopige vrae, voltooi ‘n eenblad besigheidsplan, en hou vas, jy is goed op pad!

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews