Om ‘n teenaanbod te maak op 'n aanbod om te koop, kan dalk goeie onderhandelingstaktiek wees met die doel om ooreenkoms te bereik, sodat jy 'n bindende verkoopooreenkoms kan finaliseer.

Wees versigtig vir "voorwaardelike aanvaarding". Dit is regtens 'n verwerping van die bestaande aanbod. Jy sal geen geldige verkoop hê nie, tensy beide partye hierna sou instem tot die voorgestelde wysigings en beide partye dit so aanvaar en onderteken.

Ons wys op die risiko van hierdie beginsel in die konteks van 'n onlangse hooggeregshofbeslissing ...
 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Maart 2024 NUUSBRIEF
Eiendomsverkope: Die “Aanvaarding” van 'n Aanbod, met bykomende voorwaardes, is nie aanvaarding nie, dit is ‘n teenaanbod en gevolglik ‘n verwerping van die aanvanklike aanbod.

Om ‘n teenaanbod te maak op 'n aanbod om te koop, kan dalk goeie onderhandelingstaktiek wees met die doel om ooreenkoms te bereik, sodat jy 'n bindende verkoopooreenkoms kan finaliseer.

Wees versigtig vir "voorwaardelike aanvaarding". Dit is regtens 'n verwerping van die bestaande aanbod. Jy sal geen geldige verkoop hê nie, tensy beide partye hierna sou instem tot die voorgestelde wysigings en beide partye dit so aanvaar en onderteken.

Ons wys op die risiko van hierdie beginsel in die konteks van 'n onlangse hooggeregshofbeslissing ...
lees meer


Wanneer is bedanking 'n vorm van konstruktiewe ontslag?
ArticleImage

Werkgewers en werknemers behoort vertroud te wees met die konsep van "konstruktiewe ontslag" en moet dit goed verstaan. Dit is belangrik omdat ons arbeidswette bepaal dat 'n "bedanking" in sekere omstandighede in werklikheid op “ontslag” of “afdanking" kan neerkom. Indien dit die geval is, kan dit ‘n probleem vir die werkgewer wees, tensy die ontslag in alle opsigte billik was.

Ons kyk na 'n onlangse arbeidshofsaak vir duidelikheid hieroor. Ons kyk na die geval van ‘n werknemer wat vir baie jare in diens van ‘n bank was. Hy dui aan dat hy bedank het as gevolg van ondraaglike werksomstandighede by die bank wat oor jare gestrek het. Die relevante vrae wat beantwoord moet word, is die volgende: "Wat is konstruktiewe ontslag?", "Wie moet dit bewys?" en "Wat moet bewys word?".

   
lees meer
Ponzi-skemas: Kan likwidateurs tot 600% van die uitbetalings van beleggers terugkry?
ArticleImage

Die MTI-likwidasie is weer in die nuus, hierdie keer met die likwidateurs wat terugbetaling eis van beleggers wat daarin geslaag het om hul geld uit te kry voor die maatskappy se ineenstorting.

Ons kyk na die algemene mite dat vroeë beleggers wat hul geld betyds uit 'n piramide of ponzi -skema verkry, "wenners" is en nie, soos die meerderheid, hul belegging kwyt is nie.

Ons kyk ook na die bevoegdhede en regsmiddele wat die likwidateurs ingevolge die Insolvensiewet gebruik om die vroeë betalings terug te eis. Lees verder vir die besonderhede...
   
lees meer
Begroting 2024: Jou belastingtabelle en belastingsakrekenaar
ArticleImage

Individue en spesiale trusts sal baat vind by inflasiegekoppelde aanpassings wat in die 2024 Begroting voorgestel is.

Om jou te help om die veranderinge aan Hereregte, Inkomstebelastingkoerse en Aftreebelasting te verstaan, deel ons beide die amptelike belastingtabelle en 'n skakel na Fin 24 se begrotingsakrekenaar (volg die vierstap-proses om jou eie berekening te doen).

Die belastingtabelle dek Hereregte, individue en enkelbedragonttrekkings vir aftrede.
   
lees meer
Met ingang van 1 Maart 2024: Nuwe Nasionale Minimumloon
ArticleImage

Die Nasionale Minimumloon (NMW) vir elke “gewone uur gewerk” is vanaf 1 Maart 2024 met 8,5% aangepas van R25-42 na R27-58.

Huiswerkers: As ons voorsiening maak vir 'n werkmaand van 21 dae x 8 uur per dag dan werk R27-58 per uur uit op R220-64 per dag of R4,633-44 per maand. Die Lewende Loon- sakrekenaar sal jou help om te kyk of jy jou huishulp werklik genoeg betaal om 'n huishouding se “minimum behoeftes” te dek (jy kan die “Aannames” in die sakrekenaar aanpas om te verseker dat die syfers wat gebruik word op datum is).

   
Ons raak formeel
ArticleImage

“Prima facie”

Hierdie term beteken "op die oog" of "met die eerste oogopslag". Dit word dikwels in wetgewing en in kontrakte gebruik om te bepaal dat 'n dokument op die oog af bewys lewer van die feite wat daarin opgeteken is, in die afwesigheid van bewyse tot die teendeel. Algemene voorbeelde hiervan sal 'n geboortesertifikaat wees of 'n sertifikaat van ‘n bankbalans of ‘n bankstaat wees. Dit kan ook van toepassing wees op getuienis wat in 'n verhoor gegee word, onderworpe aan teenspraak. Prima facie getuienis kan dus as korrek aanvaar word, tensy daar bewyse tot die teendeel aangebied word.

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews