Jy is dalk een van vele Feestydverkopers wat die Desember/Januarie vakansietyd  gaan gebruik om die beste prys vir jou huis te probeer kry. Onthou om die transaksie se finansies goed te beplan sodat jy nie met onverwagte uitgawes onkant gevang word nie.

Een van die onkostes wat nie altyd verstaan word nie, en daarom ook nie altyd in die beplanning verskyn nie, is die moontlike aanspreeklikheid vir kapitaalwinsbelasting op die verkoop van jou eiendom. Ons bespreek die belangrike konsepte van “basiskoste”, “kapitaalwins” en “primêre woning”. Met behulp van ’n praktiese voorbeeld  verduidelik ons hoe jy te werk kan gaan om jou waarskynlike belastingaanspreeklikheid te bereken en daarvoor te begroot.

Om belasting op jou eiendomstransaksie te betaal, maak vir niemand gelukkig nie, behalwe vir SARS. Dit is gewoonlik nie so erg nie en ons deel ook goeie nuus...