‘n Onlangse beslissing van die Hoogste Hof van Appèl beklemtoon die sterk regsplig op lede van die SAPD om slagoffers van gesinsgeweld by te staan en te help.
Die Wet op Gesinsgeweld bied wetlike beskerming aan slagoffers, veral die mees kwesbare, soos vroue, kinders, gestremdes en bejaardes. Gesinsgeweld is ook nie beperk tot gevalle van fisiese leed nie – dit sluit ‘n wye verskeidenheid van gedrag in wat gepleeg word met die doel om te mishandel. As jy ‘n slagoffer is (of ‘n slagoffer help), hou in gedagte dat die Polisie verplig is om te help. Hulle kan nie hul verantwoordelikhede versaak nie...
|