“The SVDP is meant for individuals and companies who have not in the past disclosed tax and exchange control defaults in relation to offshore assets” (SARS)
Hierdie Spesiale Vrywillige Openbaarmakingsprogram van SARS handel oor belasting en valutabeheer aangeleenthede wat spruit uit buitelandse bates.
Indien jy nie seker is of jy moet aansoek doen vir hierdie program nie, verkry so gou moontlik advies en duidelikheid hieroor.
Die sperdatum van 31 Augustus 2017 is op ons. Vanaf September 2017 word Suid Afrika en SARS deel van ‘n netwerk van meer as 50 lande waar die belastingowerhede outomaties belastinginligting tussen mekaar gaan deel. Teen September 2018 sal die deelnemende lande uitbrei tot ‘n honderd lande.