Dit lyk ongelukkig of ons ekonomiese uitdagings nog vir ’n wyle met ons gaan wees. Met ’n groeiende aantal skuldenaars wat finansieel swaar trek, mag dit dalk een of ander tyd vir jou nodig wees om een van jou eie skuldenaars te dagvaar. Indien dit gebeur, maak seker dat die skuldenaar genoeg bates het waarop daar beslag gelê kan word. Anders kan jy jouself in ’n posisie bevind waar jy die hofsaak wen, maar slegs in naam; omdat dit jou meer gekos het as wat jy uiteindelik gaan verhaal.
As jy uitvind dat jou skuldenaar van sy bates ontslae raak (of dit wegsteek) om jou eis te frustreer, kan ’n bewaringsbevel tot jou redding kom. Dit sal die skuldenaar se bates vries totdat die hofgeding afgehandel is.
Ons kyk na wat jy moet bewys om so ’n bewaringsbevel of interdik te verkry en bespreek dit aan die hand van ‘n Hooggeregshof-saak waar bates van R230 miljoen ter sprake was.
|