Volgens mediaberigte is inhegtenisneming en ’n kriminele rekord die voorland van diegene wat die wet verontagsaam en nie ’n masker in die openbaar dra nie. Ons bespreek die omstandighede wat tot inhegtenisneming kan lei, asook die aansienlike nadele wat met ’n kriminele rekord gepaardgaan.

Waarom moet ’n kriminele rekord ten alle koste vermy word? En hoe kan jy daarvan ontslae raak indien jy wel ’n rekord kry?

Ons spreek beide hierdie vrae aan en ‘n fokus op die “erkenning van skuld” boete – ’n opsie wat waarskynlik aan jou voorgelê sal word na jou inhegtenisneming. Ons kyk ook waarom dit noodsaaklik is om eers die situasie met jou prokureur te bespreek voordat jy enigsins so ’n aanbod oorweeg.
 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Februarie 2021 NUUSBRIEF
Inhegtenisneming en ’n kriminele rekord vir díe wat nie maskers dra nie
Volgens mediaberigte is inhegtenisneming en ’n kriminele rekord die voorland van diegene wat die wet verontagsaam en nie ’n masker in die openbaar dra nie. Ons bespreek die omstandighede wat tot inhegtenisneming kan lei, asook die aansienlike nadele wat met ’n kriminele rekord gepaardgaan.

Waarom moet ’n kriminele rekord ten alle koste vermy word? En hoe kan jy daarvan ontslae raak indien jy wel ’n rekord kry?

Ons spreek beide hierdie vrae aan en ‘n fokus op die “erkenning van skuld” boete – ’n opsie wat waarskynlik aan jou voorgelê sal word na jou inhegtenisneming. Ons kyk ook waarom dit noodsaaklik is om eers die situasie met jou prokureur te bespreek voordat jy enigsins so ’n aanbod oorweeg.
lees meer


Die koop van eiendom: Bevestig die Verkoper se huwelikstatus!
ArticleImage Die toename in eiendomsverkope in verkeie sektore is grootliks te danke aan die heersende lae rentekoerse en laer verkooppryse. Indien jy een van die menigte kopers is wat van hierdie geleenthede gebruik wil maak, moet jy hierdie belangrike waarskuwing ter harte neem.

Jy mag dalk dink dat dit niks met jou te make het of die verkoper getroud is al dan nie. Dit het egter baie met jou te make en dit is vir jou as koper belangrik om te weet wat die verkoper se huwelikstatus is. ’n Onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl maak dit duidelik dat jy die risiko loop om jou huis te verloor, selfs nadat oordrag reeds geskied het, waar die verkoper in gemeenskap van goed getroud is en sy of haar gade nie skriftelik tot die verkoop van die eiendom toegestem het nie. Jy kan ook nie staatmaak op dit wat die verkoper vir jou vertel nie – jy moet self “redelike navrae maak en ondersoek” instel om veilig te wees. Lees verder vir meer hieroor ...
   
lees meer
Maak voorsiening vir die koste verbonde aan jou afsterwe
ArticleImage Niemand hou daarvan om oor hul eie afsterwe na te dink nie. Ons lewe egter in gevaarlike tye en daarom is dit belangrik om die finansiële impak van jou dood op jou naasbestaandes te oorweeg. Behoorlike beplanning kan ’n groot verskil maak oor hoe familie deur jou afsterwe beïnvloed word.

Daar is verskeie moontlike belastings en kostes betrokke by die bereddering van ’n boedel.  Hou dit in gedagte wanneer jy beplan oor wat na jou dood met jou bates moet gebeur.

Lees verder vir meer besonderhede oor die grootste uitgawes wat jou boedel gaan moet betaal en oor hoe om daarvoor te beplan.
   
lees meer
Wanneer jy ’n skuldenaar dagvaar – Voorkom ‘n oorwinning slegs in naam.
ArticleImage Dit lyk ongelukkig of ons ekonomiese uitdagings nog vir ’n wyle met ons gaan wees. Met ’n groeiende aantal skuldenaars wat finansieel swaar trek, mag dit dalk een of ander tyd vir jou nodig wees om een van jou eie skuldenaars te dagvaar. Indien dit gebeur, maak seker dat die skuldenaar genoeg bates het waarop daar beslag gelê kan word. Anders kan jy jouself in ’n posisie bevind waar jy die hofsaak wen, maar slegs in naam; omdat dit jou meer gekos het as wat jy uiteindelik gaan verhaal. 

As jy uitvind dat jou skuldenaar van sy bates ontslae raak (of dit wegsteek) om jou eis te frustreer, kan ’n bewaringsbevel  tot jou redding kom. Dit sal die skuldenaar se bates vries totdat die hofgeding afgehandel is.

Ons kyk na wat jy moet bewys om so ’n bewaringsbevel of interdik te verkry en bespreek dit aan die hand van ‘n Hooggeregshof-saak waar bates van R230 miljoen ter sprake was.
   
lees meer
Webwerf van die Maand: ’n Maand-tot-maand persoonlike finansiële beplanner vir 2021
ArticleImage
“If you fail to plan, you are planning to fail” (Benjamin Franklin)


Ons almal is op een of ander wyse geraak deur die ekonomiese nagevolge wat die verskillende fases van inperking teweeggebring het. Nou, meer as ooit vantevore, moet ons pro-aktief wees deur beheer van ons finansies te neem en dit deur hierdie krisistyd behoorlik te bestuur. ’n Persoonlike finansiële plan is die antwoord hier. Sonder ’n plan sal ons doelloos die onbekende en gevaarlike waters van 2021 invaar – ’n resep vir moeilikheid.

Gelukkig is dit redelik eenvoudig om ’n werkbare plan saam te stel en daar is ook baie aanlyn hulpbronne wat jou kan help. Sien byvoorbeeld Business Maverick se artikel “Your practical 2021 financial year planner” hier vir eenvoudige en nuttige riglyne oor hoe om jou persoonlike finansies op ’n maand-tot-maand basis aan te pak.

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews