Die Feesseison bied ‘n ideale geleentheid om residensiële eiendom te koop en te verkoop. Indien jy op die uitkyk is vir ‘n huis - of reg is om jou huis te verkoop – hou in gedagte dat beide “verkopersberou” en kooptransaksies met opskortende voorwaardes (soos “onderhewig aan die verkoop van die koper se eiendom”) deesdae meer algemeen voorkom.  

Beide kopers en verkopers moet verstaan hoe maklik of hoe moeilik dit vir ‘n verkoper is om uit ‘n oorhaastig getekende ooreenkoms te kom. 

Ons bespreek ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof, waar drie belangrike vrae hieroor aangespreek word. Die vrae is voor die hof geplaas deur ‘n berouvolle verkoper wat die gevolge van haar ondertekening wou ontduik.
 


Wessels & Smith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
November 2019 NUUSBRIEF
"Verkopersberou" en "Onderhewig aan die Verkoop van die Koper se Eiendom" – Kan 'n transaksie hierdeur in die wiele gery geword?
Die Feesseison bied ‘n ideale geleentheid om residensiële eiendom te koop en te verkoop. Indien jy op die uitkyk is vir ‘n huis - of reg is om jou huis te verkoop – hou in gedagte dat beide “verkopersberou” en kooptransaksies met opskortende voorwaardes (soos “onderhewig aan die verkoop van die koper se eiendom”) deesdae meer algemeen voorkom.  

Beide kopers en verkopers moet verstaan hoe maklik of hoe moeilik dit vir ‘n verkoper is om uit ‘n oorhaastig getekende ooreenkoms te kom. 

Ons bespreek ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof, waar drie belangrike vrae hieroor aangespreek word. Die vrae is voor die hof geplaas deur ‘n berouvolle verkoper wat die gevolge van haar ondertekening wou ontduik.
lees meer

How can we help you

Beplan jy om te Trou? Moenie die HVK en die 3 Soorte Huwelike Vergeet nie
ArticleImage Die trouseisoen is weer met ons. Hier is ‘n tydige herinnering aan al die gelukkige paartjies daarbuite wat aan julle “Dinge Om Te Doen” lysies werk. Plaas die “vervelige regsdinge” hoog op jul prioriteitslys. Dit behoort beslis nie tussen “Bespreek Airbnb vir Tannie Soekie” en “Was die hond” nie.

Ons bespreek wat presies ‘n voorhuwelikse kontrak / huweliksvoorwaardekontrak (HVK) is, wat dit vir beide van julle beteken, en waarom dit noodsaaklik is vir die beplanning van julle toekomstige lewe saam. Daarna ontleed ons die drie opsies wanneer dit kom by watter “huweliksbedeling” op julle van toepassing gaan wees (met ‘n nuttige praktiese voorbeeld van die “aanwasbedeling” in aksie).

Ons sluit af met ‘n paar gedagtes vir die wat reeds getroud is...

   
lees meer
Werknemers wat op proeftydperke aangestel is: Kan hulle vir Swak Werkprestasie ontslaan word
ArticleImage Jy besluit om ‘n nuwe werknemer in diens te neem, maar nie een van julle is heeltemal seker of die aanstelling geskik is nie. Gaan hierdie pos en hierdie werknemer bymekaar pas? 

Die goeie nuus is dat ons reg jou toelaat om ‘n nuwe werknemer op ‘n proeftydperk aan te stel, juis sodat jy sy/haar geskiktheid vir die pos kan bepaal. Wees gewaarsku – dit beteken nie dat jy vrye teuels het om hom/haar na goeddunke gedurende hierdie proeftydperk te ontslaan nie. Inteendeel, indien enige vorm van korrektiewe optrede nodig sou word, moet jy seker maak dat dit in elke opsig “billik” is.

Ons kyk na hoe jy te werk moet gaan om dit te doen, aan die hand van die toepaslike Goeie Praktykskode en na ‘n praktiese voorbeeld wat onlangs in die Arbeidsappèlhof gedien het.
   
lees meer
Dit is die moeite werd om misdaad aan te meld! 20 Jaar gevangenisstraf vir eerste oortreder se bedrog van R4.9m
ArticleImage As ons howe die kans gegun word, word daar wel streng teen misdaad opgetree. ‘n Onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl is een van vele gevalle waar slagoffers kon sien dat geregtigheid geskied. Die gereg het suksesvol opgetree teen die oortreders wat hulle geteiken het.

‘n Skelm werknemer van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid (SOOO) het toelaag-begunstigdes op ‘n bedrieglike wyse van R4.9 miljoen se toelaes ontneem. Hy is ‘n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf opgelê. Die feit dat hy ‘n eerste oortreder was, sy bewerings van berou en sy plan om sy slagoffers terug te betaal het die Hof nie beïndruk nie. Die Hof het witboordjie-misdaad, en in besonder bedrog as “’n kanker wat ons land van binne af benadeel” beskryf.

Ons regstelsel se minimum vonnis bepalings het ‘n prominente rol in hierdie geval gespeel. Ons kyk na hoe minimum vonnisse werk, die wye reeks van ernstige misdade waarop dit van toepassing is, en hoe dit aan slagoffers bemoediging gee om te glo dat geregtigheid sal geskied.
   
lees meer
Jou Webwerwe van die Maand: Het jy iets om te Koop of te Verkoop? Ons kyk na hoe jy Facebook se “Marketplace” kan gebruik
ArticleImage Die Facebook Marketplace blyk in alle opsigte ‘n waardige mededinger vir Gumtree, OLX en ander aanlyn-geklassifiseerde advertensies te wees, in die persoonlike- en ook in besigheidsmarkte. Dit word nou elke maand deur 800 miljoen mense in 70 verskillende lande gebruik.

Kyk gerus na Facebook se gids oor “How Marketplace Works” hier vir stap-vir-stap riglyne oor hoe om iets te koop of te verkoop, hoe om resultate volgens afstand of nuwe plasings te sorteer, meer oor kennisgewings, hoe die “volg” funksie werk, asook die belangrike veiligheids- en privaatheidsaspekte, en dies meer.

Vir nog idees, en vir vyf maniere om Facebook Marketplace vir jou besigheid te gebruik (5 ways to use Facebook Marketplace for your business), lees gerus “Facebook Marketplace: The Marketer’s Guide” hier


Uit die HAT: 

pasjmina s.nw.
stuk sagte lap/material van fyn kasjmierwol afkomstig van die pasjminabok van die Himalaja in Nepal, Pakistan en Noord-Indië, dikwels deur vroue om hul skouers gedra.

   
Website
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews