Dit bly vir enige eienaar ‘n ongemaklike werklikheid. Iemand word op jou perseel beseer of kom selfs tot sterwe. Drie onlangse sake handel met risiko en ondersoek die plig wat op elke eienaar rus om redelike voorsorg te tref om sy of haar perseel vir besoekers te beveilig.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
OKTOBER 2015 NUUSBRIEF
Hoe Hanteer Jy Risiko Op Jou Eiendom?
Dit bly vir enige eienaar ‘n ongemaklike werklikheid. Iemand word op jou perseel beseer of kom selfs tot sterwe. Drie onlangse sake handel met risiko en ondersoek die plig wat op elke eienaar rus om redelike voorsorg te tref om sy of haar perseel vir besoekers te beveilig.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Op Die Kaarte – Nuwe Maniere Om Onderhoudsontduikers Vas Te Vat
ArticleImage
Onderhoudsontduikers sal minder gelukkig wees met die wysigings aan ons Onderhoudswet wat op 9 September 2015 onderteken is. Die doel daarmee is om die afdwinging en betaling van agterstallige onderhoud te vergemaklik. 

Daar is verder voorsiening dat die agterstallige onderhoud by kredietburo’s gelys kan word. Die motivering hiervoor is dat onderhoudsontduikers dan verhoed sal word om verdere skuld aan te gaan, totdat agterstallige onderhoud op datum betaal word. Hierdie bepaling word wyd verwelkom. Ten spyte van mediaberigte tot die teendeel, is hierdie bepaling nog nie in werking nie en moet die datum nog êrens in die toekoms in die Staatskoerant afgekondig word.
   
Waarom sien ons nie wesentlike groei in kmo’s nie? Kyk gerus hier na die resultate
ArticleImage Klein– en medium grootte ondernemings in Suid-Afrika moet met heelwat uitdagings werk om vooruit te gaan. Burokratiese rompslomp, beperkte geleenthede vir befondsing, oorweldigende regulasies en wetgewing – hierdie is van die meer bekende uitdagings wat oorkom moet word, aldus ‘n onlangse ondersoek van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR). Die volle verslag “2015 SME insights report” is toeganklik by http://www.saica.co.za/Portals/0/documents/SAICA_SME.PDF.
   
Werkgewers: Is Jou Beleid Afdwingbaar?
ArticleImage n Onlangse saak in die Arbeidsappèlhof het gehandel met die strekwydte van ‘n beleid van “geen verdraagsaamheid” teenoor oortredings in die werkplek.

Ter afsluiting

Die toepassing van ‘n beleid van geen verdraagsaamheid sal onder sekere omstandighede aanvaarbaar wees. Die ontslag van werknemers is altyd ‘n ingrypende sanksie en dit moet vir die spesifieke omstandighede geskik wees.

   
lees meer
‘n Gebrek Aan Geld Hoef Jou Nie Altyd Te Keer Om Te Litigeer Nie
ArticleImage Soms dink jy dat jy ‘n goeie saak het, maar jy het nie die fondse om jou saak deur te voer nie. Dan kan jy altyd ondersoek instel na die moontlike aanwending van die Wet op Gebeurlikheidsgelde. In ‘n poging om regsdienste meer toeganklik te maak, kan jy sekere reëlings met jou prokureurs en advokate aangaan. Julle sou kon ooreenkom dat daar geen regsfooie betaalbaar sou wees indien julle nie die saak wen nie. Julle sou dan ook kon ooreenkom op ‘n “suksesfooi” vir die prokureurs en advokate, wat aansienlik hoër sou kon wees as die gebruiklike fooi wat normaalweg vir die litigasiedienste betaalbaar sou wees.
   
lees meer
Oktober se Webwerf: hoë stresvlakke? Ontspan ‘n slag vir twee minute…
ArticleImage Stres is ‘n nodige vereiste om dinge gedoen te kry. Stres is goed – tot op ‘n punt. Lees meer oor die streskurwe en verdere hantering van stres. Die volgende bronne is tot jou beskikking: “Stress Curve” en “How to Deal with Stress in Your Life in 6 Effective Ways Including Tapping into Your Mind” op MindRestart se webwerf te  http://mindrestart.com/deal-stress-life-6-effective-ways-including-tapping-mind/.


Vir ‘n meer direkte en tydelike oplossing kan jy jou klank aanskakel en vir twee minute tot stilstand kom by “Do Nothing for 2 Minutes” op die webwerf http://www.donothingfor2minutes.com/.
   
Bonus Webwerf: 2015 Wêreldbeker
ArticleImage Hier is nog iets wat jou dalk kan laat ontspan. Die Engelse nuusverskaffer “The Guardian” bied ‘n interaktiewe program op hul webwerf waarin die opkomende wedstryde, groepe, groepresultate, spanne, stadions en  ander inligting verskyn en deurlopend bygewerk word. Dit is beskikbaar op “The Guardian” se webwerf en wel te http://www.theguardian.com/sport/ng-interactive/2015/sep/07/rugby-world-cup-2015-digital-wallchart. Hou in gedagte dat Somertyd tans in die Verenigde Koninkryk gebruik word, wat beteken dat tot 25 Oktober 2015 is hulle een uur voor Suid-Afrikaanse tyd. 
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews