|
Al is jy die geregistreerde eienaar van ‘n huis, kan jy steeds as ‘n “onwettige besetter” uit die huis gesit word.
Ons is almal vertroud met die mees algemene geval waar ‘n eienaar vrywilliglik besit aan ‘n ander persoon afstaan; dit is waar die woning uitverhuur word. ‘n Meer ingewikkelde geval is waar die eienaar ingevolge ‘n ooreenkoms (dikwels gevolg deur registrasie) aan iemand die reg op bewoning of habitatio verleen. Hoekom sal ‘n eienaar dit wil doen?
|
|
|
|
Ons Maatskappywet van 2008 is sedert 2011 in werking. Die nuwe wet plaas ‘n hele lys van bykomende verantwoordelikhede en risiko’s op direkteure en beamptes. Die gevalle waar maatskappydirekteure persoonlik aanspreeklik gehou kan word is ook in die wet uitgebrei.
So vind ons artikel 218(2) aan die einde van die wet onder “Diverse aangeleenthede” wat as volg lees: . . .
|
|
|
|
SARS het drie maatskappye aangestel om agterstallige belastings in te vorder. Die skuldinvorderaars is CSS Credit Solutions, NDS Credit Management en Lekgotla Trifecta Capital Consortium. Daar is egter ook skyninvorderaars wat baie vinnig op die toneel verskyn het, wat belastingbetalers kontak en wat aandring op betaling na hul genomineerde bankrekeninge toe.
SARS maak die volgende aanbevelings-
|
|