'n Opwindende nuwe verwikkeling in ons regstelsel is vanaf 1 Desember tot ons beskikking. Die Hofgedrewe mediasie sal vir ‘n toetsperiode in Gauteng en in Noordwes provinsie gebruik word. Dit het ten doel om dispute tussen partye op te los, sonder die hoë kostes, vertraging en vyandigheid wat dikwels met tradisionele litigasie gepaard gaan.
In gebiede waar hofgedrewe mediasie nog nie verpligtend is nie, behoort jy steeds hierdie prosedure te oorweeg, met die oog op ‘n skikking van die dispuut. Mediasie word toenemend deur regsverteenwoordigers en hul kliënte gebruik; hopelik sal hierdie tendens ‘n verdere hupstoot kry met die formalisering hiervan as deel van die voorgeskrewe hofprosedure.