Ons lees gereeld oor gevalle waar werknemers in diens geneem is op sterkte van vervalste kwalifikasies, grade wat nooit toegeken is nie, ondervinding en opleiding wat nooit opgedoen is nie.
Die ware stand van sake kom gewoonlik in tyd uit. Wat kan jy as die werkgewer doen wanneer jy dit uitvind?
Ons kyk na die geval van ‘n finansiële bestuurder van 82 wat bedrieglik beweer het dat hy oor die kwalifikasie van Geoktrooieerde Rekenmeester beskik het.