UPDATE: Relax, the 25 February deadline has fallen away! Since publication of this article on 1 February, the Chief Registrar of Deeds has advised that “… the Deeds Registries Regulations Board at a meeting on 19 February 2019, resolved to suspend the implementation of the amendments to regulation 68, as referred to above, until further notice.” The amendments as they affect you will now be re-drafted, and we will let you know more when they are published.


Die laaste ding wat mens met ‘n eiendomstransaksie wil hê is dat daar verdere komplikasies en kostes in die proses ingebou word. 
   
Dit is ongelukkig ons voorland indien die eienaar of die bank nie die oorspronklike titelakte van die eiendom kan opspoor nie. Of die titelakte verlore of vernietig is, sal die aangestelde aktebesorger nou ook moet aansoek doen by die Aktekantoor vir die uitreiking van ‘n gesertifiseerde vervangende titelakte. 

Tot op hede was hierdie proses redelik eenvoudig met minimale vertraging en nie te veel bykomende kostes nie. Die voorgeskrewe prosedure vir die verkryging van ‘n vervangende titelakte verander egter binnekort, wat besliste vertragings en bykomende kostes gaan meebring. Ons hanteer die proses en ‘n plan van aksie – daar is egter beperke tyd vir diegene wat voor 25 Februarie 2019 hul titelaktes op die bestaande bedeling wil aanvra.
 


Teken aan
Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com www.darroll-law.com
Februarie 2019 NUUSBRIEF
Eienaars van eiendom, Kopers en Eiendomsagente – kry daardie Titelakte voor 25 Februarie 2019!
UPDATE: Relax, the 25 February deadline has fallen away! Since publication of this article on 1 February, the Chief Registrar of Deeds has advised that “… the Deeds Registries Regulations Board at a meeting on 19 February 2019, resolved to suspend the implementation of the amendments to regulation 68, as referred to above, until further notice.” The amendments as they affect you will now be re-drafted, and we will let you know more when they are published.


Die laaste ding wat mens met ‘n eiendomstransaksie wil hê is dat daar verdere komplikasies en kostes in die proses ingebou word. 
   
Dit is ongelukkig ons voorland indien die eienaar of die bank nie die oorspronklike titelakte van die eiendom kan opspoor nie. Of die titelakte verlore of vernietig is, sal die aangestelde aktebesorger nou ook moet aansoek doen by die Aktekantoor vir die uitreiking van ‘n gesertifiseerde vervangende titelakte. 

Tot op hede was hierdie proses redelik eenvoudig met minimale vertraging en nie te veel bykomende kostes nie. Die voorgeskrewe prosedure vir die verkryging van ‘n vervangende titelakte verander egter binnekort, wat besliste vertragings en bykomende kostes gaan meebring. Ons hanteer die proses en ‘n plan van aksie – daar is egter beperke tyd vir diegene wat voor 25 Februarie 2019 hul titelaktes op die bestaande bedeling wil aanvra.
lees meer


Privaatskole en ouers wat hulle nie gedra nie – die Opsie om te Skors
ArticleImage Hier is ‘n onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl wat vir alle skole, ouers en leerders van belang is. Die saak handel oor ‘n skool se poging om ‘n ouerkontrak te kanselleer nadat die ouers oor ‘n periode van agt maande ‘n ondraaglike atmosfeer in die skool geskep het met hul slegte gedrag en hul gevloek en geskree, meestal langs die sportveld by skoolbyeenkomste. Dit sou inhou dat hul kinders inderwaarheid uit die skool geskors sou word. 

Die Hof het die skool se kontrak en optrede opgeweeg teen die skool se grondwetlike verpligtinge teenoor beide die leerders. Die regte van ander belanghebbende partye is ook opgeweeg. Die oorheersende beginsel is dat die belange van die kind altyd die hoogste prioriteit gaan geniet.
   
lees meer
Jou Eis in ‘n Likwidasie of Sekwestrasie – Wanneer moet jy jou eis bewys, en wanneer nie?
ArticleImage Om slegte skuld af te skryf is een ding. Om daarna nog geld te moet inbetaal vir daardie “voorreg” is ‘n bitter pil. 

Dit is egter die gevaar wat jy loop indien een van jou skuldenaars gesekwestreer of gelikwideer word (ons begin deur hierdie verskillende terminologie te verduidelik) en jy ‘n eis bewys sonder om die “gevaar van kontribusie” te oorweeg.

Wat is dit? Hoe ontstaan dit? Wat as jy die skuldeiser was wat die hofaansoek gebring het? Het jy dalk sekuriteit vir jou eis? Hoe kan jy jouself daarteen beskerm? Lees verder vir die antwoorde...
   
lees meer
‘n Regeringsubsidie vir die aankoop van jou eerste huis.
ArticleImage Dit is ‘n algemene probleem in vandag se tyd. Jy, of dalk iemand wat jy probeer help, wil eiendom aankoop voordat eiendomspryse weer die hoogte inskiet. Julle is gelukkig en vind daardie gepaste “eerste huis” teen die regte prys. Maar jy (of hulle) kan dit eenvoudig nie bekostig nie.

Moenie moed verloor nie, daar is nog hoop. Die regering se FLISP subsidie het ten doel om huiseienaarskap ‘n hupstoot te gee deur te help met bekostigbaarheid.  Met die subsidie kan verbandpaaiemente verlaag word om dit meer hanteerbaar te maak, of dit kan die kontantkomponent van die koopprys verhoog. 

Ons kyk na wie hiervoor kwalifiseer, hoeveel hulle kan kry, en watter tipe eiendom hulle daarmee kan aankoop.
   
lees meer
Webwerf van die Maand: 5 Stappe na Besigheidsukses
ArticleImage Dalk is jy ‘n werknemer wat daarvan droom om jou eie besigheid te begin. Of dalk is jy ‘n entrepreneur op die uitkyk vir ‘n geleentheid om jou praktiese ondervinding te gebruik om nog ‘n suksesvolle besigheid op die been te bring.

Of dit nou ‘n klein of groot besigheid is – hier is ‘n vinnige, praktiese bron met inligting wat in ‘n paar sinvolle punte saamgevat is. (“Waarvoor baie mense ‘n fortuin sal betaal om in ‘n besigheidskool te leer.”) 

“Johann Rupert’s 5 steps to business success” op Moneyweb is ‘n kort en insiggewende opsomming van hierdie sakeleier se praktiese voorstelle om jou nuwe besigheid of onderneming van die grond af te kry.
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews