Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Anthony Whatmore & Company Nuusbrief     |    Julie 2015
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Het Jy Jou Huis Verkoop? Stel Dan Jou Eie Oordragprokureur Aan
Vir die meeste mense, is hul huis hul grootste bate. Wanneer jy jou huis verkoop (of enige ander van jou eiendomme) is dit net logies dat jy die oordrag gaan toeken aan die oordragprokureur van jou keuse. Iemand wat jy vertrou met jou grootste bate en iemand wat die transaksie met spoed en met integriteit sal afhandel.

Wanneer ‘n eiendom verkoop word, is die oordragprokureur die spesialis wat aangestel word as aktebesorger of oordragprokureur om toe te sien dat die eiendom oorgedra word en in die naam van die koper geregistreer word. ‘n Aktebesorger is ‘n prokureur wat ook bykomend gekwalifiseer is en spesifiek deur die hof toegelaat is om as aktebesorger te praktiseer. Slegs so ‘n toegelate aktebesorger is by magte om die oordrag van eiendom (en ander eiendomsregte soos servitute en verbande) in die Aktekantoor te registreer. 
 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
Werkgewers: Belangrike Nuus Vir Klein Sake
Ons wys vanuit die staanspoor daarop dat arbeidswetgewing ingewikkeld en veranderend is. Verkry dus toegepaste advies aangesien nie-nakoming van voorskrifte ernstige finansiële en ander gevolge vir jou besigheid kan inhou. 

Ons het verlede maand gesien dat ‘n klein besigheid met sy werknemers kan ooreenkom dat verlof vir gesinsverantwoordelikheid as gewone jaarlikse verlof hanteer kan word. Ons kyk ook nou na van die ander bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes wat slegs op klein sake van toepassing is.
 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Sakeredding – Is Dit Te Laat As Die Maatskappy Reeds In Likwidasie Is?
Die Hoogste Hof van Appèl het onlangs hieroor uitspraak gelewer. Die feite was as volg:-
  • ‘n Beslote korporasie se hoofbesigheid was die verhuring van sy kommersiële eiendomme. 

  • Die BK het lenings aangegaan by ‘n bank en daar was gevolglik verbande ten gunste van die bank oor hierdie eiendomme geregistreer.

  • Die Hoë Hof het die beslote korporasie in finale likwidasie geplaas, ten spyte van die BK se argument dat dit eerder in sakeredding geplaas moet word. 

  • Vyf maande hierna het die BK weer aansoek gedoen om in sakeredding geplaas te word. Die Hoë Hof het bevind dat waar ‘n finale likwidasiebevel reeds toegestaan is, dit dan te laat is om vir sakeredding aansoek te doen.
     
  • Die BK het die saak met sukses op appèl geneem. Die Hoogste Hof van Appèl bevind dus uitdruklik dat ‘n maatskappy of BK aansoek kan doen vir ‘n omskakeling na sakeredding, selfs waar ‘n finale likwidasiebevel reeds toegestaan is. 
 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
SAID: Misdaad Betaal Nie!
Dit blyk dat die SAID suksesvol is met invorderings en met die afdwinging van belastingwetgewing. Volgens SAID het hulle ‘n 92% skuldigbevinding op sake wat vir vervolging oorhandig word. Dit is vir oortredings wat met belasting en met doeane aangeleenthede verband hou, waaronder bedrieglike BTW eise en  bedrog met inkomstebelasting.
 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Julie se Webwerf: Hommeltuie – Vlieg Wettig En Veilig Van 1 Julie
Die nuwe regulasies wat op alle hommeltuie (vliegtuie wat op ‘n afstand deur die operateur beheer word) van toepassing gaan wees, tree op 1 Julie in werking.

Vir duidelikheid en riglyne oor veiligheid en inligting oor die regulasies self, besoek gerus die “Safedrone” webwerf met inhoud wat deur deskundiges geplaas is –
 
 
lees meer
 
 
info@anthonywhatmore.co.za www.anthonywhatmore.co.za Facebook Twitter Contact Us www.anthonywhatmore.co.za
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews