Beplan jy dalk om ‘n gastehuis oop te maak? Of woon jy dalk langs ‘n bestaande gastehuis, en sal jy verkies as dit eerder sluit?

Jy sal in elk geval moet weet wat jou regte is en wat jou te doen staan indien dinge in ‘n hofstryd ontaard. Ter illustrasie bespreek ons ‘n poging deur inwoners van ‘n rustige woonbuurt om ‘n gastehuis te laat sluit, te midde van aantygings van geraas, wilde partytjies en steurende gaste.

Die Hof se besluit is belangrik vir alle toekomstige en bestaande eienaars van gastehuise en hul bure.
 


Teken aan
Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com www.darroll-law.com
November 2017 NUUSBRIEF
Sluiting van die aangrensende Gastehuis : Inligting vir Huiseienaars en Bure
Beplan jy dalk om ‘n gastehuis oop te maak? Of woon jy dalk langs ‘n bestaande gastehuis, en sal jy verkies as dit eerder sluit?

Jy sal in elk geval moet weet wat jou regte is en wat jou te doen staan indien dinge in ‘n hofstryd ontaard. Ter illustrasie bespreek ons ‘n poging deur inwoners van ‘n rustige woonbuurt om ‘n gastehuis te laat sluit, te midde van aantygings van geraas, wilde partytjies en steurende gaste.

Die Hof se besluit is belangrik vir alle toekomstige en bestaande eienaars van gastehuise en hul bure.
lees meer


Skuldeisers en Skuldenare: Belangrike uitspraak oor Verjaring
ArticleImage
“Om skuld op te loop is nie so sleg nie. Dit is om in jou skuldeisers vas te loop, wat sal seer maak.” (Onbekend)

Die feit dat skulde verjaar beteken dit word na ‘n tyd oninvorderbaar. Dit hou ‘n groot bedreiging vir skuldeisers in en dit gee aan skuldenaars ‘n geleentheid om van hul skuld te ontkom. Dit is daarom vir albei kante belangrik om die proses te verstaan.

Ons lys die periodes wat van toepassing is op algemene tipes skuld en bespreek die “uitstel” of “onderbreking” van verjaring. Ons kyk ook na die onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl en of die erkenning vervat in ‘n aanbod wat sonder benadeling van regte gemaak word, verjaring ophou of nie.
   
lees meer
Werkgewer teen Werknemer: Kan jy getuienis gebruik wat met dreigemente van vervolging verkry is?
ArticleImage
In ‘n onlangse saak is ‘n bestuurder van ‘n mynstorting-verwerkingsaanleg aangekla van diefstal van R6 miljoen se diamante. Hierdie saak is van belang vir beide werkgewers en werknemers, asook vir litigante in die algemeen.

Die bestuurder het aangevoer dat die skulderkennings, wat hy gemaak het toe hy die eerste keer gekonfronteer is, nie teen hom gebruik kon word nie, aangesien hy dit onder dwang sou gemaak het. Die kern van die saak was dat hy eers aandadigheid erken het, nadat hy met afdanking, vervolging en slegte blootstelling as gevolg van die insident gedreig is.

Dit laat die vraag ontstaan “Hoe word dwang in ons reg hanteer”? Die Appèlhof se uitspraak is verrassend. 
   
lees meer
Agterstallige Onderhoud? Kan jy dit afdwing met Minagting van die Hof ?
ArticleImage
Hierdie is ongelukkig ‘n geval wat heeltemal te algemeen in Suid-Afrika voorkom. Jou kind se pa (dit kan enige ouer wees, maar kom ons hou dit eenvoudig) word deur die hof beveel om aan jou onderhoud te betaal. Hy weier om te betaal en dui aan dat hy armoedig is. Hy neem egter geen stappe om die bevel te laat verminder nie. Die agterstallig onderhoud hoop op, terwyl jy op jou eie probeer om die pot aan die kook te hou. Wat staan jou te doen?

Jy het verskeie opsies om betaling af te dwing. In die gepaste gevalle is die opsie om die hof te versoek om die wanbetaler tronk toe te stuur vir minagting van die hof ‘n kragtige opsie. Daar is min dinge wat so effektief daarin slaag om die aandag op die terugbetaling van skulde te fokus, soos die dreigement om ‘n tyd agter tralies deur te bring, indien betalings agterweë bly. Ons kyk na ‘n saak waar ‘n man R400 000 in agterstallige onderhoud opgeloop het. 
   
lees meer
Webwerf van die Maand: 5 Maniere om verstandelike sterk te bly terwyl jy op Breekpunt is
ArticleImage
Stres – dit is goed tot op ‘n punt. ‘n Oormaat stres benadeel jou produktiwiteit by die werk; dit maak ons lewens miserabel en uiteindelik is dit dodelik. Waar is die balans? Kyk gerus na Uplift se ‘Stress:Performance Curve’ in “The Difference between Good Stress and Bad Stress” hier.

Neem dan 40 sekondes om na Time Magazine se video te kyk “5 Ways to Stay Mentally Strong When You Think You’re About to Crack” hier.

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews