“The notion that there are any safe places to hide money is a thing of the past.” (Aldus ‘n Amerikaanse belastingkundige Mark Matthews)
Suid-Afrikaanse inwoners met rekeninge en beleggings in buitelandse belastinggebiede moet seker maak dat hulle in geheel voldoen aan alle plaaslike en internasionale verpligtinge oor belasting- en valutabeheer. Die onlangse lekkasie van inligting uit Panama, verlede jaar se HSBC lekkasies en ook die OECD se inisiatief om die outomatiese uitruiling van inligting te verseker, dui alles daarop dat niemand meer vir die belastingowerhede kan wegkruip nie.