Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN Augustus 2015
 
 
 
Grensoorlog: Die Buurman Wat Oorskry
 
Op ‘n dag kom jy agter dat jou buurman se heining/muur/huis sy grens oorskry en dat daar op jou grond gebou is of gebou word. Wat staan jou te doen? 

Die maklikste is seker as jy en jou buurman ooreenkom dat hy die stuk grond by jou koop of as hy instem om die oorskrydende aanbousel te verwyder. Dit raak meer ingewikkeld as die partye nie tot ‘n vergelyk kan kom nie en die saak in die hof eindig. ‘n Onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl wys ons ook dat daar geen maklike oplossing vir so ‘n dispuut is nie.
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Besoldigingsbeslagleggingsbevele – Is Twee Miljoen Van Hulle Nou Ongeldig? Aksieplanne Vir Die Werkgewer, Skuldeiser En Skuldenaar  
 
 
Die Belastingseisoen Begin 1 Julie: Die Kerndatums  
 
 
Werkgewers En Werknemers: Geen Verandering Aan Die Salarisvlak Nie  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
“Mense se vermoë om ‘n inkomste te verdien en hulself en hul gesinne te onderhou, staan sentraal tot hul reg tot menslike waardigheid.” (Geneem uit die uitspraak van Regter Desai van die saak hieronder  – vry vertaal.) 

Besoldigings- of loonbeslagleggingsbevele (‘n spesifieke vorm van skuldbeslagleggingsbevel) word dikwels deur skuldeisers gebruik om geregtelik beslag te lê op ‘n skuldenaar se inkomste. Die werkgewer word deur ‘n hofbevel verplig om spesifieke bedrae...
 
 
 
Die Belastingseisoen vir individue en trusts is op hande. 

Die belangrike datums vir die indiening van jou ITR12 Belastingopgawe vir die periode van 1 Maart 2014 tot 28 Februarie 2015 is: -
  • 30 September 2015: Opgawes wat per hand ingedien word, of 

  • 27 November 2015: Opgawes wat deur e-filing ingedien word of wat met die hulp van ‘n SARS beampte elektronies by ‘n SARS kantoor ingedien word, of 

  • 29 Januarie 2016: Voorlopige belastingbetalers via eFiling
 
 
 
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes reguleer heelwat aangeleenthede en voordele wat in diensvoorwaardes vervat moet word. Dit plaas ‘n beperking op die toelaatbare ure wat oortyd gewerk mag word, dit reël verhoogde betaling vir oortyd, dit reguleer ook werksure in die algemeen, rusperiodes, etenstye, asook werk op Sondae en openbare vakansiedae. Indien jou jaarlikse pakket egter die vasgestelde pakket oorskry, is die voordele wat die wet reguleer, nie meer op jou van toepassing nie.
 
| lees meer |  
 
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
“POPI”: Die Poppe Gaan Nog Nie Dans Nie
 
Ons is tans nog afwagtend op die inwerkingtreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013, (“POPI”). Selfs wanneer die datum afgekondig en gepubliseer gaan word, sal ons steeds ‘n jaar daarna hê om aan die voorskrifte te voldoen.
| lees meer |
 
 
 
 
Augustus Se Webwerf : Entrepreneurs En Studies Aanlyn
 
Besit jy ‘n klein besigheid? Beteken die koue wintermaande dat jy meer tyd binne bestee as in die buitelug? Is jy gretig om jou sakekennis uit te brei? Die internet bly ‘n onuitputlike bron van opvoedkundige materiaal wat tot almal se beskikking is.
| lees meer |
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews