Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN Junie 2015
 
 
 
Verhuurder: Mag Jy Jou Huurder se Krag Afskakel?
 
Jou huurder betaal nie sy huurgeld nie en weier om uit te trek. Kan jy die elektrisiteit laat afskakel?
 
Hierdie uitspraak het oor ‘n kommersiële huurder gehandel. Huurders van residensiële eenhede kry altyd bykomende beskerming. Daar is ook uiteenlopende sieninge oor die effek van hierdie uitspraak in die verhuringsmark. Kry eerder toegepaste regsadvies oor jou spesifieke situasie.
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Verkoop Van Besigheid Wat Klandisiewaarde Insluit: Die Inbegrepe Beperking  
 
 
Huur Jy In ‘n Kompleks? Lees Die Reëls!  
 
 
Verlof Vir Gesinsverantwoordelikheid  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Wanneer jy jou besigheid verkoop en die klandisiewaarde daarby insluit, sal die ooreenkoms gewoonlik ‘n handelsbeperking bevat. Dit sal jou verbied om vir ‘n tydperk in kompetisie met jou “ou” besigheid handel te dryf. 

‘n Handelsbeperking moet redelik wees. Die handelsbeperking moet dus in die toekoms tot ‘n einde kom. Wanneer daardie tyd aanbreek, mag jy dalk dink dat jy vry is om weer jou deure oop te maak.   

Dink maar weer, aldus ‘n onlangse uitspraak van die Hoë Hof...
 
 
 
“….. parties are free to contract as they please. The law permits perfect freedom of contract. Parties are left to make their own agreements, and whatever the agreements are, the law will enforce them provided they contain nothing illegal or immoral or against public policy” (uit die uitspraak hieronder)

Of jy nou ‘n woning koop of ‘n woning huur – as jy in ‘n kompleks wil woon wat deur ‘n Huiseienaarsvereniging bestuur word, moet jy saam met al die ander inwoners inval by die reëls. Die Hoë Hof het hierdie beginsel en die reg van die Huiseienaarsvereniging om die reëls en regulasies af te dwing, onlangs weer onomwonde bevestig. 
 
 
 
Hoe werk verlof vir gesinsverantwoordelikheid? Wanneer kan ‘n werknemer volle verlof teen betaling neem om na familie-aangeleenthede om te sien, sonder dat dit van sy of haar jaarlikse verlof verhaal word? Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is eintlik baie duidelik hieroor. Sommige werkgewers bied bykomende verlof en sommige vakbonde het ook al deur kollektiewe bedinging uitbreidings hierop onderhandel.
 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Junie se Webwerwe : Bly Warm En Bly Gesond Hierdie Winter
 
“If Winter comes, can Spring be far behind?” (Shelley)

Of jy vir iemand werk, nie meer werk nie of jou eie besigheid bedryf, kan jy nie bekostig om deur die winter platgetrek te word nie – Eskom se beurtkrag ten spyt. 
Wees altyd versigtig vir griep. Dit het die Noordelike Halfrond in hul winter hard geslaan. Daar is ook reeds meer navrae en navorsing hieroor in Suid-Afrika as in vorige jare (kyk gerus na die grafiek van “Explore flu trends - South Africa (Experimental)” by https://www.google.org/flutrends/za/).

Hier is ‘n paar lukrake webwerwe wat van waarde gaan wees om jou warm, gesond en gelukkig te hou deur die wintermaande –
| lees meer |
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews