Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN April 2018
 
 
 
Eiendom in gesamentlike besit. Hoe om dispute te voorkom
 
Dit maak ekonomies sin om jou koopkrag te versterk deur saam met ander eiendom te koop. Al kyk jy na ‘n kantoor, ‘n industriële erf, ‘n vakansiehuis, ‘n woonhuis of enige ander eiendom wat lyk na ‘n goeie beleggingsgeleentheid. 

Onthou gerus dat die Romeine gesê het dat “gesamentlike eienaarskap is die moeder van alle dispute.” Maak dus nou reeds voorsiening vir wanneer daar verskille tussen die eienaars ontstaan of erger, wanneer die verhoudings tussen die eienaars mag versuur. 

Anders loop julle die risiko van die kostes, vertragings en onsmaaklikheid wat dispute en litigasie kan meebring. 

Daar is ‘n maklike oplossing. Lees verder vir ‘n kontrolelys wat julle moet volg voordat julle ‘n gesamentlike transaksie gaan sluit …
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Daardie Terme en Voorwaardes op ‘n webwerf? Kyk daarna voordat jy dit aanvaar  
 
 
POPI: ‘n Bestaande Risiko, ‘n Koninklike ergenis en ‘n sperdatum van die EU  
 
 
SARS, Huisverkope en die BTW Styging  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Daardie boksies wat jy op die internet moet aanvaar voordat jy kan verder gaan is daar vir ‘n rede. Of jy nou aanlyn is om ‘n fiets te koop, of ‘n subskripsie vir ‘n nuusdiens of tydskrif, of toegang tot dienste of inligting op ‘n webwerf wil bewerkstellig – moet jy instem tot die diensverskaffer se terme en voorwaardes. Ons is al gewoond om blindelings te aanvaar dat dit reg is so, maar ‘n onlangse saak in die Hooggeregshof wys daarop dat die voorwaardes bindend is. 

Ons kyk na die geval van ‘n aanlyndobbelaar wat baie opgewonde was omdat hy oënskynlik R5 miljoen gewen het. Totdat hy verwys is na die terme en voorwaardes van die webblad wat uitdruklik bepaal dat enige uitbetaling tot die bedrag van R1 miljoen beperk sal word.
 
 
 
Die streng vereistes van POPI (die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting) is nog nie in werking nie, maar daar is reeds ‘n plig om persoonlike inligting te beskerm. 

Onlangs het ‘n versekeraar vir Koning Goodwill Zwelithini gebel om hul produkte aan hom te bemark. ‘n Opname van die oproep is op sosiale media versprei, wat weer aanleiding gegee het tot dreigemente van verdere hofsake. 

Die Europese Unie het ook hul GDPR (“General Data Protection Regulation”) wat van 25 Mei 2018 op sommige Suid-Afrikaanse besighede van toepassing sal wees.
 
 
 
Wat is die BTW koers wat van toepassing is op eiendom wat jy gekoop het of verkoop het voordat die koers op 1 April van 14% na 15% styg?

Hier kan nogal baie ter sprake wees. Indien jy byvoorbeeld ‘n eiendom van ‘n ontwikkelaar gekoop het vir R10 miljoen plus BTW, kan daardie bykomende 1% ‘n verdere R100,000 by jou kostes sit.  

Kom ons kyk na wat SARS hieroor te sê het. Ons kyk ook na ‘n bepaling in die BTW Wet wat ‘n mate van verligting vir kopers van residensiële eiendom inhou.
 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Jou Webwerf van die maand : 5 Maniere om produktiwiteit by die kantoor te verbeter.
 
Suksesvolle entrepreneurs en suksesvolle korporatiewe entiteite verstaan dat ‘n gelukkige en gesonde werksomgewing ‘n produktiewe werksomgewing is. ‘n Produktiewe werksomgewing is op sy beurt ‘n belangrike faktor om ‘n winsgewende besigheid daar te stel. 

Dink aan ‘n produktiewe kantoor. Wat sien jy? Hoe lyk die kleurskema, hoeveel lig is daar?  Is die temperatuur gemaklik, is die geraasvlakke aanvaarbaar, is daar ‘n subtiele dog aangename geur in die lug?

Stel jou eie lys op om ‘n ware produktiewe werksomgewing te skep. Kry gerus baie goeie leiding en kyk na “5 Office Design Hacks That Will Increase Employee’s Productivity” op  Dumb Little Man se webwerf.  
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews