Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN November 2018
 
 
 
Immigration reform and economic development – Are they two sides of the same coin?
 
On Monday, 25 September 2018, the Minister of Home Affairs (the Minister), Mr Malusi Gigaba, announced a number of amendments to immigration legislation that will be implemented in the coming months.

These reforms are aimed at promoting foreign investment, encouraging the migration of critically skilled labour into South Africa and increasing tourism. Ultimately, the immigration reform announced by the Minister is aimed at boosting economic growth and counteracting many of the unintended consequences of the 2014 Amendments to the Immigration Act of 2002, which, in turn, particularly impacted negatively on tourism. We highlight some of the most salient aspects of the amendments.


Source – Golegal
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Kan ek troeteldiere in ‘n Residensiële Kompleks aanhou?  
 
 
Dit is weer tyd vir daardie “13de Tjek”: Is jy verplig om Jaarlikse Bonusse te Betaal?  
 
 
Wanneer is ‘n skuldenaar “Insolvent”? Die Geval van Agterstallige Onderhoud dien as Illustrasie  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Daar is ooglopende voordele daaraan verbonde om in ‘n residensiële kompleks te woon – vandaar die groeiende behoefte aan woonstelle en sekuriteits-landgoedere. Daarmee saam kom die verpligting om in te pas en om sommige van die vryhede wat ‘n mens op jou eie sou hê, op te offer. 

Byvoorbeeld, die aanhou van troeteldiere is dikwels ‘n netelige onderwerp in gemeenskapskemas. Daarom is dit in almal se belang dat dit in die skema se Gedragsreëls aangespreek word.

Lees verder vir idees oor hoe om vas te stel wat jou regte is, met raad vir trustees, verkopers, kopers en agente oor hoe om dispute en teleurstelling van meet af te vermy. Ons sluit af met ‘n aanbeveling oor hoe om enige dispute wat wel kop uitsteek op te los.
 
 
 
Kan dit weliswaar alreeds weer tyd wees vir die “Feesseisoen”? Dit voel dan soos gister dat ons die begin van ‘n splinternuwe 2018 gevier het...

Die realiteit is natuurlik dat jaareinde nou net om die draai is. Vir baie werkgewers beteken dit ook snelgroeiende verwagtinge van ‘n jaarlikse bonus.

Ongelukkig sal nie elke besigheid in staat of gewillig wees om hul maandelikse salarisrekening te verdubbel om aan hierdie verwagtinge te voldoen nie. Elke jaar rondom hierdie tyd word die KVBA oorstroom met dispute wat hieruit spruit. Ons bespreek die vraag of werkgewers outomaties regtens verplig word om bonusse te betaal. Ons stel ook drie stappe voor wat beide werkgewers en werknemers kan volg ten einde ongelukkigheid en argumente oor jaarlikse bonusse te vermy.

 
 
 
Hetsy ‘n onderhouds-wanbetaler of ‘n algemene skuldenaar geld aan jou verskuldig is,   bied ons reg aan jou ‘n reeks invorderingsopsies.

Een daarvan is ‘n aansoek vir sekwestrasie. Dit bly ‘n drastiese stap. Dikwels sal ‘n skuldenaar probeer om te betaal, anders verloor hy/sy beheer oor sy/haar eie sake. 

Wat moet jy bewys ten einde met so ‘n aansoek suksesvol te wees? Hoe bewys jy dat die skuldenaar werklik insolvent is? Ons kyk na ‘n uitspraak van die Hooggeregshof ter illustrasie. Hier het ‘n ma met ‘n eis vir agterstallige onderhoud van R228,000 geslaag met haar aansoek vir sekwestrasie teen haar voormalige man.
 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Reis in ‘n vreemde land? Vergewis jou van die plaaslike wette of neem die risiko
 
Jy word in ‘n vreemde land gearresteer en word meegedeel dat jy die plaaslike wette oortree het. Tronkstraf, of erger, staar jou in die gesig.

“Jammer, maar ek het heeltemal onskuldig opgetree” protesteer jy, “dit is wettig in Suid-Afrika; ek het glad nie besef dat dit hier anders werk nie.” “Dis geen verskoning nie” antwoord die strakke wetstoepassingsbeampte, “jy moes uit jou eie uit vasgestel het wat ons plaaslike wette en gebruike bepaal voordat jy hierheen gekom het.”

‘n Amptelike waarskuwing van ons regering om juis dit te doen het gevolg nadat ‘n Suid-Afrikaanse dwelmsmokkelaar in Vietnam die doodstraf opgelê is. Ons bespreek hoe die waarskuwing op elkeen van ons toepassing vind, nie net op dwelmsmokkelaars nie, die gevare van onkunde, en hoe om jouself teen inhegtenisneming en vervolging te beskerm. 
| lees meer |
 
 
 
 
Jou Webtuiste van die Maand: 6 Maniere vir ‘n Klein Sake-onderneming om die Resessie te Oorleef
 
Ons is blykbaar oppad om ten minste ‘n jaar of twee van moeilike ekonomiese omstandighede te beleef. Klein sake-ondernemings het een belangrike voordeel teenoor groter mededingers – hul grootte hou hulle rats. Dit beteken dat klein ondernemings meer geredelik by veranderende omstandighede kan aanpas, wat hulle in ‘n posisie plaas om die geleenthede wat met verandering en uitdagings gepaardgaan, met beide hande aan te gryp.

Hier is ‘n paar goeie en praktiese idees oor hoe om daarmee te begin – “6 ways SA small businesses can survive the dire economy - which may last until 2020” is beskikbaar op BusinessInsider.

 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews