Die aankoop van ‘n eiendom, of dit nou gekoop word as ‘n woning, of bloot as ‘n belegging, behels noodwendig dat ‘n aansienlike bedrag geld van hande verwissel.

Dit maak nie saak of jy die koper of die verkoper is nie, die laaste ding wat jy wil hê is dat die geld deur ‘n oneerlike oordragprokureur gesteel word. Wie ly in so ‘n geval die skade? Moet oordrag steeds aan die koper gegee word? Wie moet ‘n eis by die Getrouheidsfonds vir Regspraktisyns indien? Wie moet sorg dat die eis teen die fonds sonder vertraging uitbetaal word?

In ‘n onlangse saak in die Hooggeregshof was daar R720,000 uit ‘n trustrekening gesteel. Dit dien as tydige waarskuwing oor die risiko’s wat beide partye loop, en oor die onsekerhede rakende die verlies wat gedra word. Ons sluit af met ‘n paar praktiese wenke vir beide kopers en verkopers.
 


Teken aan
Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com www.darroll-law.com
Julie 2019 NUUSBRIEF
Eiendomsoordragte en diefstal uit die Trustrekening: ‘n Waarskuwing van R720,000
Die aankoop van ‘n eiendom, of dit nou gekoop word as ‘n woning, of bloot as ‘n belegging, behels noodwendig dat ‘n aansienlike bedrag geld van hande verwissel.

Dit maak nie saak of jy die koper of die verkoper is nie, die laaste ding wat jy wil hê is dat die geld deur ‘n oneerlike oordragprokureur gesteel word. Wie ly in so ‘n geval die skade? Moet oordrag steeds aan die koper gegee word? Wie moet ‘n eis by die Getrouheidsfonds vir Regspraktisyns indien? Wie moet sorg dat die eis teen die fonds sonder vertraging uitbetaal word?

In ‘n onlangse saak in die Hooggeregshof was daar R720,000 uit ‘n trustrekening gesteel. Dit dien as tydige waarskuwing oor die risiko’s wat beide partye loop, en oor die onsekerhede rakende die verlies wat gedra word. Ons sluit af met ‘n paar praktiese wenke vir beide kopers en verkopers.
lees meer


Jou Laaste Testament: Wat is die gevolge as jy nie aan die Formaliteite voldoen nie
ArticleImage
Jou “Laaste Testament en Wilsbeskikking” is een van die belangrikste dokumente wat jy ooit sal onderteken. Dit is die veilige manier om te verseker dat daar na jou afsterwe na jou geliefdes omgesien sal word.

Dit is daarom noodsaaklik om ‘n testament in plek te hê wat volkome aan die Suid-Afrikaanse wetsvoorskrifte voldoen. Ons kyk na die formaliteite waaraan ‘n geldige testament moet voldoen. Ons bespreek die belangrikheid van voldoening aan hierdie formaliteite met verwysing na ‘n onlangse saak waar ‘n geskeide rekenmeester se “Laaste Testament”, wat per e-pos gestuur is, nie deur die Hof aanvaar is nie. 

Ten spyte daarvan dat dit duidelik die bedoeling van die rekenmeester was om sy boedel aan sy verloofde na te laat, gaan sy boedel uiteindelik na sy voormalige vrou ingevolge sy oorspronklike, geskrewe en ondertekende testament.
   
lees meer
Werkgewers: Wat is die plig op jou om Godsdienstige oortuigings te akkommodeer?
ArticleImage
Gestel jy, as werkgewer, wil graag hê dat jou werknemer op Saterdagoggende moet werk, maar sy weier op grond van haar godsdienstige oortuigings. Haar geloof verbied haar om op die “Sabbat” te werk. Wie se regte sal in so ‘n geval hier seëvier? 

Hierdie is gevaarlike waters om jouself in te bevind. Ons reg is besonder streng in gevalle waar werknemers skuldig bevind word aan “outomaties onbillike ontslag”. Sodanige onbillike ontslag kan geskied op enige van die gelysde “arbitrêre gronde”, en van hierdie gronde sou “godsdiens”, “gewete” en “geloof” hier van toepassing wees. 

‘n Onlangse saak wat deur die Arbeidsappèlhof aangehoor is, dien as goeie voorbeeld van hoe hierdie regsbeginsels in die praktyk toegepas word, asook die gevare daaraan verbonde as jy nie hieraan voldoen nie.
   
lees meer
Airbnb Eienaars en Kopers – moet die nuwe Regulasies jou Bekommer?
ArticleImage
Onlangse verslae in die media oor die regering se voorneme om Airbnb en ander “korttermynhuisverhurings” te reguleer, het alreeds vir baie Airbnb eienaars (asook diegene wat dit oorweeg om eindom vir hierdie doeleindes aan te skaf) koue rillings en slapelose nagte gegee.
 
Is dit nodig om bekommerd te wees? Hierdie is ‘n belangrike vraag, aangesien korttermynverhuring ‘n heel winsgewende bedryf kan wees vir eienaars wat die regte eiendom in die regte area op die regte tyd aankoop.

Ons kyk na die verwikkelinge tot op hede. Hoe ver is die voorgestelde nuwe wetgewing gevorder, en waarvoor gaan dit voorsiening maak? Is dit moontlik om nou reeds ‘n ingeligte raaiskoot te maak oor hoe die eindresultaat gaan lyk?
   
lees meer
Jou Webtuiste van die Maand: E-pos Moets en Moenies vir jou Besigheid
ArticleImage
“The email of the species is deadlier than the mail” (Stephen Fry)

Dink ‘n bietjie na oor jou besigheid se e-posse. Bevorder dit jou besigheid se naam, of doen dit afbreek daaraan? Dit is ‘n belangrike vraag, veral vir besighede waar e-posse op groot skaal uitgestuur word (soos meestal vandag die geval is) en die antwoord hang in die geheel van jou af.

Aan die een kant is dit al te maklik om ‘n besigheidsverhouding met die druk van die “Stuur” knoppie in gedrang te bring. Dit kan die geval wees waar ‘n e-pos nie goed oorweeg is nie of swak opgestel is. Aan die ander kant is dit maklik om elke e-pos wat jy uitstuur as ‘n kragtige projeksie te beskou, ontwerp om al die goeie dinge wat jy graag wil hê mense van jou en jou besigheid moet weet, te verkondig.

Begin hier, met “The dos and don’ts when sending a business email” op BusinessTech, ‘n 13-punt kontrolelys van dinge waarna opgelet moet word, van bo by die opskrif tot onder by die afsluiting.


Uit die HAT: 

opskudding  s.nw. beroering, verrassing: Die buiteperd het vir ‘n opskudding gesorg toe hy die wedren wen.
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews