Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN April 2017
 
 
 
Eiendom: Outomatiese reg tot privaatheid en ‘n mooi uitsig?
 
Geniet jy as eienaar ‘n outomatiese reg op privaatheid, toegang tot sonlig, beskermde uitsigte en so aan? Wat kan jy doen om dit te beskerm? 

Die Hoë Hof stel die munisipale goedkeuring van bouplanne ter syde. Ons leer almal hieruit.
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Die Burokraat wat nie sy plig wil doen nie – Persoonlike aanspreeklikheid kan dalk help.  
 
 
Godsdienstige diskriminasie in die Werkplek  
 
 
Kopers en verkopers: Die 2017 begroting  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Die uitspraak van die Grondwetlike Hof in die SASSA debakel onderstreep weer dat daar maniere is waarop amptenare wat dink dat hul onaantasbaar is, wel verantwoordbaar gehou kan word.  

‘n Uitspraak van die Hoë Hof handel met ‘n obstruktiewe amptenaar en die onaanvaarbare gedrag wat hom aan regsoptrede sal blootstel.  

 
 
 
Werkgewers en werknemers moet weet dat ons reg alle vorme van onregverdige diskriminasie verbied. 

‘n Sewende Dag Adventis het geweier om op Saterdae te werk want dit was haar Sabbatsdag. Na ontslag is sy vergoeding toegeken vir onbillike ontslag. So hanteer ons howe gevalle van godsdienstige diskriminasie.
 
 
 
Ons bring u die nuwe tariewe waarop Hereregte bereken word en die nuwe weerhoudingskoerse met ‘n vergelykende verwysing na die 2016/17 koerse.

‘n Stukkie goeie nuus in 2017 se Begroting vir eerste kopers en beleggers wat wil verhuur. Ons kyk ook na nie-inwonende eienaars en die weerhoudingsbelasting met die verkoop van eiendom. 

 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
April se Webwerf: Robot regte en wetgewing
 
Dit mag dalk vir ons nog vreemd en soos wetenskapsfiksie klink. Die Europese Parlement neem egter reeds die voortou oor hoe ons samelewing, ons wetgewing en ons versekeringsbedryf moet aanpas by die toename in kunsmatige intelligensie.

Hoe lank sal dit wees voordat ons die regte en pligte van sogenaamde “elektroniese persone” erken?
| lees meer |
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews