Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN Maart 2018
 
 
 
Kan jy nog 'n huis met gebreke verkoop? Die Voetstootsklousule
 
Wanneer jy ‘n huis, ‘n motor of enige ander bate verkoop moet jy weet of jy dit nog voetstoots kan verkoop. Kan jy dit verkoop soos wat dit daar staan, sonder enige waarborg teen gebreke? 

Die Wet op Verbruikersbeskerming het ten doel om die koper te beskerm. Is daar nog plek vir die verkoper om iets voetstoots te verkoop? Ons kyk hierna en na die hantering van roerende sowel as onroerende eiendom. 

Kom ons begin met ‘n onderskeid tussen patente en latente gebreke.
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Agterstallig met die betaling van onderhoud?  
 
 
Honde en ander diere sonder maniere: Die omgekrapte volstruis en die eis van R6,75 miljoen  
 
 
Boedels en Testamente: Dit is nou duurder om dood te gaan, aldus die Meester  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
‘n Onderhoudsbevel moet nagekom word. Nou is daar verdere hulpmiddels om dit af te dwing.

‘n Nuwe manier om ontduikers op te spoor. Selfs vir die wat baie goed daarin is om onsigbaar te bly. Ons kyk ook na die situasie waar sommige mense bereid is om skuld aan te gaan, maar wat nie bereid is om onderhoud te betaal nie. 

Ons kyk ook na die ander opsies, wat steeds tot jou beskikking bly.
 
 
 
As jy diere besit, mak of wild, loop jy die gevaar dat daar probleme kan kom en dat jy gedagvaar kan word vir enige skade of beserings wat jou diere veroorsaak. 

Dit kan ‘n duur storie raak. Selfs al was jy nie nalatig nie, kan jy vir jou diere se doen en late aanspreeklik gehou word. 

‘n Omgekrapte volstruis was die onderwerp van ‘n onlangse saak wat in die Hoogste Hof van Appèl afgehandel is. Tussen die Romeinse reg en die Latynse gedeeltes kyk ons na wat die uitslag vandag op ‘n praktiese vlak vir ons beteken.…
 
 
 
Die eksekuteur van ‘n bestorwe boedel moet toesien dat alle verwante laste en verpligtinge en kostes en uitgawes uit ‘n boedel vereffen word, voordat die balans dan aan die erfgename uitbetaal kan word. 

Die Meestersgelde is vir die eerste keer in baie jare aangepas. Die aanpassing is nogal drasties. Die vorige maksimum is van R600 na ‘n nuwe maksimum van R7 000 opgestoot. 

Die besonderhede verskyn in die tabel hieronder …
 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Webwerf van die maand: Die kuns om ‘n Slimfoon se battery gelaai te hou
 
Ons raak al hoe meer afhanklik van die gemak, inligting en deurlopende konnektiwiteit wat ons slimfone ons bied. Daarom dat ons so ‘n premie plaas op ‘n battery wat lank hou.  

Ons kan ook nie meer net ‘n battery vervang nie. Die dae dat ons ‘n spaar battery met ons kon ronddra of ‘n sterwende battery met ‘n generiese battery kon vervang is verby. Jy kyk nou na die kostes en vertraging om ‘n professionele persoon te kry om dit vir jou te doen.
 
Daarom is dit belangrik dat jou battery so lank as moontlik hou. Bring jouself op hoogte met die ware feite met die artikel “Smartphone charging myths – Are you killing your battery?” beskikbaar op MyBroadband se webwerf.


Uit Die HAT: 

Ontluistering: (s.nw) berowing van luister/aansien: Ontluistering van leiers wat groot aansien gehad het.     


 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews