Om jou huis plot en plan te koop hou besliste voordele vir jou in. Daar is ‘n paar belangrike aspekte om in gedagte te hou. 

Daar mag ‘n verpligting op jou rus om binne ‘n sekere tydperk te begin bou of selfs klaar gebou te wees. Doen jy dit nie, kan boeteheffings jou voorland wees. Daar mag selfs ‘n meer drastiese gevolg wees, soos ‘n voorbehoudsreg wat die verkoper die geleentheid gee om die eiendom weer terug te koop en weer oordrag te neem. Ons kyk na ‘n saak wat onlangs in die Appèlhof aangehoor is. Dit illustreer die risiko vir die koper as hy nie binne die voorgeskrewe periode bou nie. Dit wys ook dat ’n ontwikkelaar se eis kan verjaar as daar nie betyds opgetree word nie.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Januarie 2018 NUUSBRIEF
Plot en Plan: Die tyd stap aan!
Om jou huis plot en plan te koop hou besliste voordele vir jou in. Daar is ‘n paar belangrike aspekte om in gedagte te hou. 

Daar mag ‘n verpligting op jou rus om binne ‘n sekere tydperk te begin bou of selfs klaar gebou te wees. Doen jy dit nie, kan boeteheffings jou voorland wees. Daar mag selfs ‘n meer drastiese gevolg wees, soos ‘n voorbehoudsreg wat die verkoper die geleentheid gee om die eiendom weer terug te koop en weer oordrag te neem. Ons kyk na ‘n saak wat onlangs in die Appèlhof aangehoor is. Dit illustreer die risiko vir die koper as hy nie binne die voorgeskrewe periode bou nie. Dit wys ook dat ’n ontwikkelaar se eis kan verjaar as daar nie betyds opgetree word nie.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Televisiekameras in die Hofsaal – Mediavryheid of Mediasirkus? Wat leer ons uit die Van Breda hofsaak?
ArticleImage Die hofsaak van Henri van Breda is ‘n perfekte voorbeeld van hoe die media-uitsending van ‘n hoë profiel hofsaak die algemene publiek se aandag verder kan aangryp. 

Wat van die getuies se reg op privaatheid en veiligheid? Wat van ‘n beskuldigde se reg op ‘n regverdige verhoor? Hoe moet ons howe hierdie botsende belange tussen die regte van getuies, beskuldigdes, die publiek en die media hanteer? ‘n Uitspraak van die Appèlhof aan die begin van die verhoor lê riglyne neer.
   
lees meer
Verkopers en Verhuurders : Is jou eiendomsagent geregistreer?
ArticleImage
Mediaberigte dui aan dat tot soveel as 50 000 eiendomsagente sonder die verpligte Getrouheidswaarborgsertifikate praktiseer. Dit kan wees dat heelwat agente bloot ophou praktiseer het. Dit is ook moontlik dat die agent wat jou huis verkoop het of verhuur het (of dit nou opsetlik of onwetend is) nie meer by die Raad op Eiendomsagentskapaangeleenthede as ‘n agent geregistreer is nie.    

Hoe raak dit jou as verkoper of verhuurder? Ons kyk ook na hoe dit die agent raak. Dit is van uiterste belang vir ‘n agent om toe te sien dat sy Sertifikaat jaarliks hernu word. Ons kyk ook na die gebruik van elektroniese bevestiging van registrasie met behulp van EAAB se PrivySeals.
   
lees meer
Wie ry aan die pen? BTW Bedrog en die vonnis van 25 Jaar
ArticleImage
Die meeste hardwerkende en eerlike belastingbetalers moes al met groeiende frustrasie wag voordat SARS selfs die kleinste terugbetaling aan hulle magtig. Daarom sou daar ‘n mate van genoegdoening wees met die nuus dat drie maatskappydirekteure stywe vonnisse opgelê is vir belastingbedrog. 

Oor ‘n periode van drie jaar het hulle 198 valse BTW opgawes ingedien. Hulle het op bedrieglike wyse ‘n totale bedrag van R216 miljoen van die staatskas gevorder. ‘n Effektiewe vonnis van 25 jaar gevangenisstraf is aan elkeen van die direkteure opgelê.
   
lees meer
Webwerf van die maand: Wat hou 2018 vir ons in?
ArticleImage
“Prediction is very difficult, especially if it's about the future” (Niels Bohr, fisikus en wenner van die Nobel Prys.)


Die laaste jaar of twee het heelwat verrassings opgelewer. Die stem vir Brexit, Donald Trump as president van Amerika, Bitcoin se opgang, die ANC se nuwe leierskap  ...  die lys groei by die dag. 

Hier is iets om te help met jou strategiese beplanning vir 2018…
   
lees meer

ArticleImage

“Ons wil u graag hiermee ‘n gesonde, gelukkige en suksesvolle 2018 toewens.”

   

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews