Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN Januarie 2019
 
 
 
Vaderskapverlof en Minimumlone – Hoe Gaan die Nuwe Wette Jou Beïnvloed?
 
Beide werkgewers en werknemers moet seker maak dat hulle op hoogte is met die nuutste arbeidswetgewing wat elke besigheid en individu op ‘n manier gaan beïnvloed.

Ons kyk eerstens na die nuwe bepalings ten opsigte van “ouerskapsverlof”, wat betrekking het op vaders, aannemende ouers en ook opdraggewende ouers in surrogaat-moederskapsooreenkomste.

Ons kyk ook na die nuwe Nasionale Minimumloon en na die voorgeskrewe lone wat op die verskillende kategorieë werknemers van toepassing is.

Laastens bespreek ons die nuwe bepalings ten opsigte van stakings, uitsluitings en wettige vorms van betogings en linievorming (die wet praat van betooglinievorming).
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Koop-om-te-bou: Neem kennis van die Sperdatums!  
 
 
Slagoffers van Korrupsie, Hou Moed – die groot meneer kry 15 jaar agter tralies  
 
 
Eiendomsontwikkelaars, Wees op jul Hoede: Geagte Toevallings Kan Ernstige Gevolge vir Jou Kontantvloei Hê  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Om eiendom in ‘n residensiële landgoed te koop kan ‘n uitstekende manier wees om ‘n veilige “droomhuis” vir jou en jou gesin te bekom. Die regte besluite hier kan vir jou ‘n waardevolle bate in die sak bring.

Jou eerste opsie is natuurlik om ‘n bestaande huis op die landgoed te koop. Jy kan ook ‘n leë erf op ‘n “plot-en-plan” of “koop-om-te-bou” basis koop. Die laasgenoemde opsie verleen meer buigsaamheid en dit kan ook meer waarde vir jou geld beteken indien jy die regte besluite neem.

Dit is belangrik om vertroud te wees met alle bouklousules in die kontrak. Maak seker dat dit moontlik sal wees om die erf te ontwikkel voor verstryking van enige sperdatums wat in die kontrak opgelê mag wees. ‘n Onlangse beslissing in die Hooggeregshof illustreer die risiko en finansiële kostes daaraan verbonde wanneer die sperdatums nie nagekom word nie.
 
 
 
Korrupsie benadeel elkeen van ons, in ons besighede sowel as in ons privaat lewens. Selfs dié van ons wat nie direkte slagoffers van tenderbedrog of omkopery is nie, ly ook onder die gevolge daarvan, insluitende die algemene verlies van vertroue en dalende beleggings in Suid-Afrika.

Ons kan dus moed skep uit twee onlangse uitsprake van die Hoogste Hof van Appèl in verband met korrupte politici en besighede in die Noord-Kaap. In die eerste saak is lang “miminum vonnis” tydperke van direkte tronkstraf bekragtig. In die tweede saak is die bestorwe boedel van ‘n politikus, wat tot sterwe gekom het gedurende haar strafsaak, beveel om die opbrengste wat sy op ‘n onregmatige wyse verkry het, aan die staat oor te betaal.

Lees verder vir besonderhede ...
 
 
 
Alhoewel eiendomsontwikkeling ‘n winsgewende besigheid kan wees, is daar ook aansienlike risiko’s hieraan verbonde. Een daarvan is kontantvloeiprobleme – indien jou vooruitskattings nie akkuraat is nie, kan jy jouself in ‘n ernstige finansiële verknorsing bevind.

Dit is daarom belangrik om bewus te wees van ‘n onlangse uitspraak van die Appèlhof waar SARS ‘n inkomstebelasting-aanslag van R1,9 miljoen aan ‘n ontwikkelaar uitgereik het. Die ontwikkelaar het die erwe in een belastingjaar verkoop, maar hy is eers die volgende jaar met die oordrag van die eiendomme betaal. Was dit toelaatbaar om die inkomste eers in die tweede belastingjaar te verklaar?

Die Hof se beslissling hou ernstige kontantvloei gevolge in vir ontwikkelaars wat hulle in ‘n soortgelyke situasie bevind.
 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Webtuiste van die Maand: “Op jou Merke, Gereed, Beurtkrag!”
 
Mediaberigte dui daarop dat beurtkrag nog vir ‘n wyle met ons gaan wees. Of jy tuis of by die werk is wanneer een van die gevreesde kragonderbrekings inskop, is een ding verseker – min dinge is erger as om onkant gevang te word.

Verhoed onaangename verrassings deur presies te weet wanneer dit jou buurt se beurt is. Deur bewus te wees van wanneer die krag af gaan wees, kan jy ten minste sekere voorsorgmaatreëls tref ten opsigte van jou kantoor/fabriek/huis.

Die eerste stap is om een van die toepassings (“apps”) af te laai wat deur Suid-Afrikaners ontwerp is om sin te maak uit die daaglikse afkondigings en verskillende beurtkragskedules. Lees oor die heel beste toepassings in “Be prepared for loadshedding with these apps” op IOL.  Indien jy in ‘n gebied woon wat oor voldoende eie kragopwekkingskapasiteit beskik, sodat beurtkrag in jou omgewing minder dikwels en minder ernstig is (onder andere Kaapstad), maak seker dat jou gekose “app” dit ook in ag neem.
 
 
 
 

“Ons wil u graag hiermee ‘n gesonde, gelukkige en suksesvolle 2019 toewens.”




 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews