Jy is ‘n direkteur van ‘n maatskappy en jy het die nodige navorsing gedoen oor ‘n eiendomstransaksie wat julle wil sluit. Jy doen aansoek vir finansiering by die bank. Die bank is bereid om finansiering aan die maatskappy te verleen, maar vereis dat jy persoonlik borg staan vir die maatskappy se verpligtinge. Jy teken dan die borgooreenkoms. 

Later is daar probleme met die transaksie en die bank dagvaar jou persoonlik vir die terugbetaling van R5 miljoen. Skielik kyk jy met nuwe oë na die borgooreenkoms met die hoop om die verpligting te ontkom. Ons kyk na ’n saak in die Hooggeregshof wat hieroor gehandel het.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Julie 2018 NUUSBRIEF
Watter ruimte is daar om van ‘n borgooreenkoms by eiendom te ontkom?
Jy is ‘n direkteur van ‘n maatskappy en jy het die nodige navorsing gedoen oor ‘n eiendomstransaksie wat julle wil sluit. Jy doen aansoek vir finansiering by die bank. Die bank is bereid om finansiering aan die maatskappy te verleen, maar vereis dat jy persoonlik borg staan vir die maatskappy se verpligtinge. Jy teken dan die borgooreenkoms. 

Later is daar probleme met die transaksie en die bank dagvaar jou persoonlik vir die terugbetaling van R5 miljoen. Skielik kyk jy met nuwe oë na die borgooreenkoms met die hoop om die verpligting te ontkom. Ons kyk na ’n saak in die Hooggeregshof wat hieroor gehandel het.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Om jou van te verander – Jou keuses by huweliksluiting, egskeiding en afsterwe van ‘n lewensmaat
ArticleImage Ons name is vir ons belangrik. Op ‘n persoonlike vlak sowel as in ‘n verskeidenheid van praktiese en wetlike omstandighede. 

As vrou het jy ‘n verskeidenheid van keuses oor die van wat jy kan gebruik. Na huweliksluiting, na egskeiding en na afsterwe van jou lewensmaat. 

As vrou is dit jou persoonlike keuses om uit te oefen. Ons kyk na die opsies en na die gevolge van jou besluit en hoe dit ander kan raak.
   
lees meer
Depressie en afdanking – ‘n harde les vir die werkgewer
ArticleImage Ons howe tree streng op teen werkgewers wat arbeidswetgewing oortree, veral in gevalle van outomatiese onbillike ontslag en in gevalle van ongeregverdigde diskriminasie. ‘n Onlangse geval in die Arbeidshof het gehandel met ‘n werknemer wat na ‘n dissiplinêre ondersoek summier vir wangedrag ontslaan is, al is die werknemer met depressie gediagnoseer. 

Die bevinding in die saak is ‘n tydige herinnering aan werknemers om uiters versigtig om te gaan in gevalle waar wangedrag gekoppel word aan ‘n geestestoestand of moontlike vorm van gestremdheid. Ons kyk na die feite, die hof se bevinding en na die foute wat die werkgewer gemaak het. 
   
lees meer
Dagvaar ‘n Insolvente Skuldenaar – kan jy iets van “sy” Trust verhaal?
ArticleImage ‘n Persoon skuld jou miljoene rande, maar dit blyk dat hy niks in sy eie naam het nie. Nou kom dit onder jou aandag dat daar wel aansienlike bates in “sy” familietrust gehou word. Jy vermoed ook dat hierdie bates in werklikheid syne is, maar dat dit in trust versteek is om die bates teen beslaglegging deur sy persoonlike skuldeisers en teen gevolglike uitwinning te beskerm. Kan jy iets daaromtrent doen? 

   
lees meer
Webwerf van die maand: Wetenskap en jou daaglikse roetine
ArticleImage Ons lewens is gejaagd. Dit maak net sin om in die sakewêreld seker te maak dat ons effektiewe maniere vind om ons gesondheid te bevoordeel.  

‘n Goeie en gesonde daaglikse roetine is ooglopend aan te beveel. Die aantrekking van ‘n roetine – jy hoef nie besluite daaroor te neem nie, jy hoef nie daaroor te stres nie; jy moet dit net volg en uitvoer. Die uitdaging is om tussen die uiteenlopende en weersprekende weergawes ‘n roetine vas te stel wat wel goed is vir ons.

Business Insider se artikel is wetenskaplik gefundeerd en bevat handige wenke en insigte oor ‘n gesonde en haalbare daaglikse roetine.
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews