|
Ons name is vir ons belangrik. Op ‘n persoonlike vlak sowel as in ‘n verskeidenheid van praktiese en wetlike omstandighede.
As vrou het jy ‘n verskeidenheid van keuses oor die van wat jy kan gebruik. Na huweliksluiting, na egskeiding en na afsterwe van jou lewensmaat.
As vrou is dit jou persoonlike keuses om uit te oefen. Ons kyk na die opsies en na die gevolge van jou besluit en hoe dit ander kan raak.
|
|
|
|
Ons howe tree streng op teen werkgewers wat arbeidswetgewing oortree, veral in gevalle van outomatiese onbillike ontslag en in gevalle van ongeregverdigde diskriminasie. ‘n Onlangse geval in die Arbeidshof het gehandel met ‘n werknemer wat na ‘n dissiplinêre ondersoek summier vir wangedrag ontslaan is, al is die werknemer met depressie gediagnoseer.
Die bevinding in die saak is ‘n tydige herinnering aan werknemers om uiters versigtig om te gaan in gevalle waar wangedrag gekoppel word aan ‘n geestestoestand of moontlike vorm van gestremdheid. Ons kyk na die feite, die hof se bevinding en na die foute wat die werkgewer gemaak het.
|
|
|
|
‘n Persoon skuld jou miljoene rande, maar dit blyk dat hy niks in sy eie naam het nie. Nou kom dit onder jou aandag dat daar wel aansienlike bates in “sy” familietrust gehou word. Jy vermoed ook dat hierdie bates in werklikheid syne is, maar dat dit in trust versteek is om die bates teen beslaglegging deur sy persoonlike skuldeisers en teen gevolglike uitwinning te beskerm. Kan jy iets daaromtrent doen?
|
|