Regulasies oor oortyd en betalings, werksure, rusperiodes, etenstye, werk op Sondae en Openbare Vakansiedae en werk in die nagtelike ure – dit is van die aspekte wat deur die Wet op Basiese Diensvoorwaardes gereguleer word. Hierdie beskerming en voorwaardes is nie van toepassing op werknemers wie se vergoeding die perk oorskry nie.
Hierdie perk het vanaf 1 Julie opgeskuif van R193,805-00 na R205,433-30 per jaar. Van die voorwaardes is in elk geval onder sekere omstandighede nie van toepassing nie en ook nie op sekere klasse van werknemers nie, ongeag van hul verdienste (soos senior bestuurders, verkoopspersoneel op kommissie en werknemers wat minder as 24 uur per maand in diens is). Indien jy hieroor onseker is, verkry regsadvies.
|