“In oorloë en in regsgedinge, ly beide kante verliese.” (Romeinse spreekwoord.) 

Koop en verkoop van eiendom is ‘n teelaarde vir dispute en vir duur hofsake. 

‘n Ooreenkoms wat professioneel opgestel is en wat die partye se bedoeling en ooreenkoms korrek weergee, sal baie help om die risiko van litigasie te beperk.  

Ons kyk na ‘n onlangse saak in die Hoë Hof wat gehandel het oor ‘n “verbandklousule” in ‘n koopooreenkoms. Beide die kopers en die verkoper is hier blootgestel aan die stres, kostes en vermorsing van tyd van litigasie, wat vermy kon gewees het indien die partye se ooreenkoms vanuit die staanspoor duidelik was.
 


Teken aan
Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com www.darroll-law.com
Julie 2017 NUUSBRIEF
Die bewoording in jou koopooreenkoms is belangrik.
“In oorloë en in regsgedinge, ly beide kante verliese.” (Romeinse spreekwoord.) 

Koop en verkoop van eiendom is ‘n teelaarde vir dispute en vir duur hofsake. 

‘n Ooreenkoms wat professioneel opgestel is en wat die partye se bedoeling en ooreenkoms korrek weergee, sal baie help om die risiko van litigasie te beperk.  

Ons kyk na ‘n onlangse saak in die Hoë Hof wat gehandel het oor ‘n “verbandklousule” in ‘n koopooreenkoms. Beide die kopers en die verkoper is hier blootgestel aan die stres, kostes en vermorsing van tyd van litigasie, wat vermy kon gewees het indien die partye se ooreenkoms vanuit die staanspoor duidelik was.
lees meer


Kan jy bekostig dat jou domeinnaam onderskep word?
ArticleImage Kan jy dit bekostig om jou domeinnaam te verloor? Wat sal met jou besigheid gebeur as jou webwerf en jou e-posse skielik nie meer beskikbaar is nie omdat jy jou domeinnaam verloor het? Die meeste besighede sal dit as ‘n absolute ramp ervaar. Dit kan ook die finansiële einde van die besigheid inhou, veral waar die nuwe eienaar van die domeinnaam ‘n buitensporige bedrag geld wil eis, om die domeinnaam aan jou beskikbaar te stel of terug te verkoop. 

Ons kyk na ‘n onlangse bevinding waar ‘n besigheid se domeinnaam outomaties onderskep is. 
   
lees meer
Trusts: Nuwe riglyne oor Onafhanklike Trustees
ArticleImage Indien jy van voorneme is om ‘n nuwe familietrust te registreer, moet jy kennis neem van die nuwe riglyn wat die Hoofmeester aan al die provinsiale Meesterskantore uitgestuur het.  

Dit handel met die vereistes en gevalle waar ‘n “onafhanklike trustee” tesame met die ander genomineerde trustees aangestel moet word.

Kyk hierna voordat jy die oprigting van ‘n trust finaliseer en verkry advies hieroor indien daar enige onduidelikhede mag bestaan.
   
lees meer
Uitsetting van ‘n Huurder: verdere uitdagings met PIE
ArticleImage Koop-om-te-verhuur kan ‘n uitstekende belegging wees.

Hou net in gedagte dat dit dikwels moeilik, duur en tydsaam kan wees om ‘n huurder wat nie betaal nie, geregtelik uit jou eiendom te laat sit. Die risiko kan wel in ‘n mate bestuur word, indien jy vooraf jou huiswerk doen en die kostes by jou berekeninge in faktor. 

'n Onlangse beslissing van die Grondwetlike Hof verhoog ongelukkig die risiko faktore vir ‘n verhuurder. Indien jou huurder deur uitsetting dakloos of sonder heenkome gelaat gaan word, kan die hofproses baie langer en baie duurder raak as wat jy as verhuurder verwag het.
   
lees meer
Julie se webwerf: Wanneer kan jy vir verkeersoortredings in hegtenis geneem word?
ArticleImage
Dit is elke motoris se nagmerrie – ‘n verkeersbeampte stop jou, arresteer jou en neem jou na die polisiestasie. 

Vir watter misdrywe kan jy dan so in hegtenis geneem word? Wat as jy nie jou bestuurderslisensie by jou het nie? 

Die artikel “These are the traffic laws you probably break every day – and how much you should be fined” bied ‘n oorsig oor hierdie oortredings en handel ook met die boetes wat vir algemene verkeersoortredings opgelê kan word.
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews