Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN MAART 2015
 
 
 
Elektroniese Wilsoorenstemming – Dit Is So Bindend Soos Op Papier
 
"The email of the species is deadlier than the mail." (Stephen Fry)

In verlede maand se uitgawe het ons daarop gewys dat dit belangrik is om ‘n “geen wysigingsklousule” in elke ooreenkoms te hê. In hierdie uitgawe wys ons op die gevaar om ooreenkomste by wyse van e-pos of ander elektroniese kommunikasie te sluit, te wysig of te kanselleer, selfs al dink jy daar kom later nog ‘n finale ondertekening.

Vrae oor die wysiging van ooreenkomste per e-pos is onlangs in die Hoogste Hof van Appèl ondersoek . . .
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Huiseienaarsverenigings: Wat Gebeur Wanneer Een Van Die Eienaars Gesekwestreer Word?  
 
 
Werkgewers En Werknemers: Reëls Oor Vaste-Termynkontrakte  
 
 
Nuwe Regulasies In Die Lug ….. Hommeltuie Se Vlerke Word Dalk Geknip  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Die volgende geval kom ongelukkig redelik algemeen voor-  
  • Jy is ‘n lid van ‘n Huiseienaarsvereniging(“HEV”),

  • Jou Huiseienaarsvereniging sukkel om agterstallige heffings van een van die ander eienaars, wat in finansiële moelikheid verkeer, in te vorder,  
Indien die agterstallige heffings nie ingevorder word nie, sal jy en die ander eienaars meer moet inbetaal om julle HEV se uitgawes te dek.

Ons het in die verlede daarop gewys dat die uiteenlopende uitsprake van verskillende Hoë Howe daarop gedui het dat die HEV op risiko was
 
 
 
Die mees onlangse Wysigingswet op die Wet op Arbeidsverhoudinge bied verdere voordele aan werknemers op ‘n nuwe of hernude vaste-termynkontrak.

Hierdie is slegs ‘n oorsigtelike opsomming van sommige van hierdie ingewikkelde nuwe bepalings in ons arbeidswetgewing. Indien dit op jou of jou organisasie van toepassing is, moet jy vir spesifieke en toegepaste advies by jou  arbeidsregkenner aanklop.
 
 
 
Ons sien al hoe meer hommeltuie of robotvliegtuigies in die omtrek. Dit terwyl die regsituasie en risiko’s nog glad nie uitgepluis is nie. 

Die Burgerlugvaartowerheid het verlede jaar aangedui dat hul sal optree teen die onwettige gebruik van hommeltuie. Meer onlangs het hulle aangekondig dat hulle besig is met die finale wysigings aan die regulasies om afstandsbeheerde vliegtuigstelsels te reguleer. Die voorgestelde wysigings is beskikbaar op DefenceWeb se webwerf te http://tinyurl.com/sadrones. Die finale weergawe sal blykbaar eers aan die einde van Maart beskikbaar wees. 

Hou dus hierdie ruimte dop!
 
| lees meer |  
| lees meer |  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Meld Korrupsie Aan! Die Beampte En Sy Versoek Vir ‘n Pakkie Marie Beskuitjies
 
In verlede maand se uitgawe het ons verwys na die streng houding wat ons howe inneem om korrupsie te beveg. En ook na stappe wat teen staatsamptenare geneem word vir oneffektiewe, traak-my-nieagtige optrede. 

In ‘n onlangse saak in die Arbeidshof is die afdanking van ‘n beampte van Binnelandse Sake bekragtig. Die beampte het erken dat hy ‘n pakkie Marie beskuitjies aanvaar het om ‘n vinniger diens te lewer. Dit lyk dus of die omvang van die omkoopgeskenk nie ‘n faktor is nie. Enige vorm van korrupsie kan aangemeld word by die Nasionale Teenkorrupsie Aanmeldingslyn by 0800 701 701.
 
 
 
 
Maart se Webwerf: Skop Jou Dag Af Met ‘n Kragtige Stort!
 
Wat van ‘n daaglikse oggendroetine van negentig sekondes in die stort om jou -  
  • Meer energie te gee 
  • Stres te verminder 
  • Jou immuunstelsel op te bou 
  • Bloedsomloop te verbeter 
  • Te help met oortollige gewig 
  • Teenvoeter te wees teen depressie.
Entrepreneur Magazine se artikel “How This Showering Trick Can Make You More Energized for the Work Day” by www.entrepreneur.com/article/241614 gee vir jou al die besonderhede.
| lees meer |
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews