|
“Where a seller recklessly tells half-truths or knows the facts, but does not reveal them because he or she has not bothered to consider the significance, this may also amount to fraud.”(Aldus die uitspraak in hierdie geval onder bespreking.)
|
|
|
|
Indien jou bedrywighede enige skakel in ‘n produkvoorsieningsketting vervul, moet jy weet dat jou risiko om gedagvaar te word onder die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) toegeneem het. ‘n Produkvoorsieningsketting sluit in skakels as ‘n produsent, invoerder, verspreider, kleinhandelaar, verskaffer en installeerder.
Om saam te vat; die WVB skep aanspreeklikheid vir enige vorm of vlak van skade aan ‘n persoon of eiendom wat voortspruit uit foutiewe of onveilige produkte.
|
|
|
|
Sommige besighede (meestal kleiner besighede) het tydelike vrystelling tot 31 Desember 2015 ontvang vir die indiening van hul PAIA handleiding. Indien jy een van hierdie besighede is, sal jy bly wees om te hoor dat die druk van jou skouers af is vir ‘n verdere vyf jaar en dat die omsetsdrempels ook aangepas is. Hierdie is die derde keer sedert 2005 dat die regering, nadat dit duidelik gestel is dat geen verdere verlengings toegestaan sal word nie, op die laaste minuut wel ‘n ommekeer gedoen het.
|
|