Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Wessels + van Zyl Inc Nuusbrief     |    MAART 2016
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Huis Gekoop? Wat Van Die Vorige Eienaar se Ou Munisipale Skulde?
Jy koop jou droomhuis. Jy neem oordrag. Die trek is gereël. Jy skakel met die munisipaliteit vir aansluiting van water en elektrisiteit en vir die opening van ‘n diensterekening in jou naam. Die munisipaliteit weier en deel jou mee dat die vorige eienaar nog ‘n historiese (en beduidende) bedrag verskuldig is vir onbetaalde munisipale dienste. Nie alleen wil die munisipaliteit nie die aansluiting doen nie, maar hulle dring ook daarop aan dat jy die ou skulde betaal. 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
Begin Jy Met Jou Eie Besigheid? “Alleeneienaar” as Opsie
Wanneer jy met jou besigheid begin moet jy ook besluit in watter entiteit jy sake gaan bedryf. In ‘n vorige nuusbrief het ons net liggies hieraan geraak. 

Ons gaan nou na die eerste opsie kyk wat tot jou beskikking is. Dit is ook die eenvoudigste. Alleeneienaar. Is dit gepas vir jou omstandighede en vir jou nuwe besigheid? 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Beskik die Maatskappydirekteur oor die Nodige Magtiging om met Jou te Kontrakteer? Maak Seker.
‘n Onlangse uitspraak van die Hoë Hof wys weereens daarop dat mens by die begin moet begin wanneer jy met ‘n maatskappy sake doen. Het die persoon of direkteur met wie jy werk die nodige magtiging om namens die maatskappy te onderhandel en om bindende ooreenkomste te sluit? 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
Strafpunte Met AARTO – Is Ons al Daar?
AARTO* en sy beplande puntestelsel (strafpunte) vir verkeersoortredings is definitief nog op ons almal se horison. Besighede en individue moet reg wees wanneer dit waarskynlik later in 2016 op nasionale vlak uitgerol gaan word. (AARTO* is die akroniem vir die Administrative Adjudication of Road Traffic Offences Act). 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Maart se Webwerf: ‘n Inspuiting Vir Jou Besigheid!
Entrepreneurs en bestuurders: Gee jou besigheid ‘n inspuiting. Hou jou span gelukkig en produktief met “7 Ways to Keep Your Employees Happy (And Working Really Hard)” op Forbes Tydskrif se webwerf
 
lees meer
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews