Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Wessels + van Zyl Inc Nuusbrief     |    Julie 2016
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Stop die bure as daar onwettig gebou word
Swak bure kan jou op ‘n persoonlike vlak raak en verhoed dat jy jou eiendom ten volle geniet. Dit kan jou ook in die sak raak as jou bure se optrede die waarde van jou buurt negatief raak. Indien jy opmerk dat daar onwettige bou aktiwiteite langs jou aan die gang is, moet jy vinnig spring om dit aan te spreek. 

Jy het gelukkig die ondersteuning van regspraak aan jou kant, soos blyk uit ‘n onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl. Hier bevind die Hof dat jy verder kan gaan as net om die munisipaliteit te probeer kry om hul eie bouregulasies en soneringswetgewing af te dwing – jy kan self die Hof direk nader vir ‘n stakingsbevel of ‘n slopingsbevel.
 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
Begin jy met jou eie besigheid? Vennootskap as opsie
“Alone we can do so little; together we can do so much” (Helen Keller) 

In ons vorige artikel in die reeks, “Begin jy met jou eie besigheid?” het ons gekyk na Alleeneienaarskap. Kom ons kyk nou na ‘n vennootskap waar ‘n groep eienaars die alleeneienaar of alleenhandelaar vervang.
 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Direkteure en Bestuurders – Karteloptrede – Wye strafregtelike aanspreeklikheid
Dit lyk of die regering ernstig en vasberade is om enige kartelvorming en karteloptrede uit te wis. Die Wet op Mededinging is onlangs gewysig met ernstige strafregtelike gevolge vir enige oortreder. Daar is reeds voorsiening vir omvangryke strawwe vir enige maatskappy wat die wet oortree. Enige direkteur of bestuurder van ‘n besigheid wat aan ‘n verbode praktyk skuldig bevind word, staar ook nou persoonlike vervolging in die gesig. Die strawwe is ook ernstig, met maksimum boetes van R500,000 en moontlike gevangenisstraf van ‘n maksimum van 10 jaar. 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
Belastingseisoen begin op 1 Julie
Die Suid Afrikaanse Inkomste Diens het die nuwe nakomingstye vir individuele belastingbetalers afgekondig.


Die belangrike datums vir die indiening van ITR12 Belastingopgawes vir die periode 1 Maart 2015 tot 29 Februarie 2016 is - 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Jou Julie Webwerf: Beskerm jou privaatheid aanlyn met “Privacy Badger”
Wanneer jy die internet gebruik, word jou aktiwiteite deur kommersiële instellings en selfs deur regerings gemonitor. Daar word ‘n magdom inligting oor elke gebruiker ingesamel. Jy sal merk dat jy blootgestel word aan bemarking en advertensies wat gemik is op jou internet gebruik.
 
 
lees meer
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews