Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN Augustus 2018
 
 
 
Die Regspersoon en die Agterstallige Heffings
 
Die Regspersoon en die Agterstallige Heffings: Is sekwestrasie ‘n realistiese opsie?  
Trustees van ‘n Regspersoon sal weet hoe belangrik dit is om agterstallige heffings in te vorder. Elke eienaar van ‘n Deeltitelskema het ’n direkte belang daarby dat alle eienaars hul deel van die heffings betaal. As die normale invorderingsproses nie betaling inbring nie, watter ander opsies is dan tot jul beskikking? 

Dit gebeur soms dat ‘n aansoek vir sekwestrasie teen ‘n agterstallige eienaar gebring word. Dikwels is die blote aanvang van die proses voldoende om die gewenste reaksie uit te lok en betaling te bewerkstellig. Neem tog kennis van die gevaar van ‘n bydrae tot regskoste.

Ons kyk hierna en na ‘n uitsonderlike geval waar die Regspersoon as die skuldeiser wat die aansoek geloods het, ‘n bydrae moes maak tot die sekwestrasiekostes.
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Sekuriteitsmaatskappy in die visier: Die slaghuis as slagoffer  
 
 
Eiendomstransaksies – Pasop vir die wolf in skaapsklere!  
 
 
Om geld uit te leen wat “op versoek” terugbetaal moet word : Pasop vir verjaring!  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Ons maak toenemend gebruik van sekuriteitsmaatskappye om ons teen misdaad te beskerm, by ons huise en by ons besighede. 

Wat gebeur as jou sekuriteitsmaatskappy jou in die steek laat? Kan jy ‘n eis teen hulle indien? 

Ons bespreek die geval van ‘n inbraak by ‘n slaghuis. ‘n Geoefende groep inbrekers het hoekslypers gebruik om toegang tot die slaghuis se kluis te verkry. Die alarm in die dak is geaktiveer, maar dit het ‘n powere reaksie van die sekuriteitsmaatskappy ontlok. Die hof moes eerstens beslis of die reaksie nalatig was of nie. Indien wel nalatig, moes die hof dan verder daaroor besin of die uitsluitingsklousules in die ooreenkoms die maatskappy teen regsaanspreeklikheid vir hul nalatigheid beskerm het.
 
 
 
Van die vroegste tye af was daar diegene vir wie mens altyd moes versigtig wees. Die slinkse wolf in skaapsklere. Ons vind hom vandag steeds, in die regte wêreld en toenemend ook op die internet. 

As jy eiendom koop of verkoop word jy ‘n aantreklike teiken – daar is groot bedrae geld wat verhandel word en dit lok die wolwe.

Kom ons kyk hoe hierdie kuberskemas werk. Hoe kan jy jou jouself beskerm? Hoe moet jy met die oordragprokureurs werk? Maak seker dat jy nooit die swakste skakel in die ketting is nie.
 
 
 
Dit is redelik algemeen vir familielede om geld aan mekaar te leen wat ‘op versoek” terugbetaal kan word. Dink maar aan ouers wat geld aan hul kind leen wat gaan studeer, of volwasse kinders wat geld aan ‘n ouer leen wat dalk ‘n groot deposito vir mediese prosedures of verblyf in ‘n versorgingsfasiliteit benodig. Dit kan ook gebruik word vir ‘n lening tussen verwante besigheidsentiteite. 

Wat beteken dit egter om ‘n lening “op versoek” of “op aanvraag” te kan opvra. Beteken dit is eintlik maar op ‘n “never-never” basis? Of beteken dit die lening is vanaf dag een opeisbaar en betaalbaar, maar dat die uitlener self kan besluit wanneer die betaling opgevra gaan word. Indien dit die geval is, wanneer begin verjaring loop op die lening en wanneer sal die lening dan nie meer regtens opgevra kan word nie?

Die Grondwetlike Hof gee leiding hieroor …
 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Webwerf van die maand: Wat is die nuwe datums vir indiening van belastingopgawes?
 
SARS het nuwe indieningsdatums aangekondig vir die 2018 belastingseisoen. Moet jy ‘n opgawe indien? Indien wel, wanneer moet dit ingedien word? Is jy ‘n voorlopige belastingbetaler? Sukkel jy dalk om op eFiling te registreer? 

SARS se webwerf het die antwoorde op al jou navrae en wel by “Tax Season 2018 For Individuals” op hul webblad hier. Selfs al hoef jy nie ‘n opgawe in te dien nie, kan dit dalk die moeite werd wees om dit wel in te dien. Jy is dalk geregtig op ‘n terugbetaling of jy moet dalk kan bewys dat jou Belastingsake in orde is en dat jou opgawes ingedien en op datum is.  

Indien jy jou belastingsake verkeerd kry, kan dit jou heelwat probleme met SARS op die hals haal. Dit is dan beter om vanuit die staanspoor die dienste van ‘n deskundige belastingpraktisyn te gebruik om jou hierin by te staan. 


Uit die HAT:  

krooskarweier (s.nw) (informeel, skertsend) ruim gesinsvoertuig soos ‘n bussie of stasiewa.
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews