Ongeag die geleenthede en uitdagings wat 2020 inhou, gaan die vestiging van ‘n nuwe besigheid altyd sorgvuldige beplanning vereis.

Indien jy dus oorweeg om die opwindende uitdaging aan te pak om ‘n entrepreneur vir jou eie rekening te word, moet jy vooraf ‘n volledige plan in plek stel.  

Ons deel nege wenke oor hoe om daardie beplanningsproses aan die gang te sit. Hier is skakels na ‘n aanlyn vraelysie vir selfevaluering waarmee jy jou Entrepreneurs-potensiaal kan bepaal (“Entrepreneurial potential self-assessment”); na bronne van inligting oor skarefinansiering ("crowdfunding"), en ook na ‘n opwindende nuwe regeringsinisiatief waarmee jy jou besigheid in een dag kan registreer.
 


Wessels & Smith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Januarie 2020 NUUSBRIEF
Voordat jy ‘n nuwe klein besigheid in 2020 Begin ...
Ongeag die geleenthede en uitdagings wat 2020 inhou, gaan die vestiging van ‘n nuwe besigheid altyd sorgvuldige beplanning vereis.

Indien jy dus oorweeg om die opwindende uitdaging aan te pak om ‘n entrepreneur vir jou eie rekening te word, moet jy vooraf ‘n volledige plan in plek stel.  

Ons deel nege wenke oor hoe om daardie beplanningsproses aan die gang te sit. Hier is skakels na ‘n aanlyn vraelysie vir selfevaluering waarmee jy jou Entrepreneurs-potensiaal kan bepaal (“Entrepreneurial potential self-assessment”); na bronne van inligting oor skarefinansiering ("crowdfunding"), en ook na ‘n opwindende nuwe regeringsinisiatief waarmee jy jou besigheid in een dag kan registreer.
lees meer

How can we help you

Moet jy op jou huurinkomste belasting betaal?
ArticleImage Die verhuring van eiendom sal gewoonlik ‘n bron van voortdurende en goeie inkomste wees. As jy hiermee identifiseer en ‘n goeie koop-om-te-verhuur geleentheid opduik, gryp die geleentheid aan as jy kan. 

Hou egter in gedagte dat Jan Taks ook ‘n hap uit hierdie inkomste wil neem. Dit moet nie onderskat word wanneer jy jou finansiële analises met huureiendomme maak nie. 

Professionele advies oor jou spesifieke belastingomstandighede is hier noodsaaklik.  Dit help om die algemene begrippe te verstaan. Watter huurinkomste moet verklaar word? Watter uitgawes kan jy vir belastingdoeleindes aftrek? Wat van inkomste en uitgawes wat eenkant hanteer moet word (ring-fencing)? Waarvan moet rekord gehou word? Lees verder hieroor ...

   
lees meer
Jou skriftelike kontrak moet alles dek – geen mondelinge getuienis later toegelaat!
ArticleImage
Ons almal weet hoe belangrik dit is om ooreenkomste op skrif te plaas, selfs waar ons reg nie spesifiek van ons vereis om dit te doen nie. Dit maak sin om vooraf seker te maak dat alles waarop ons ooreengekom het volledig en duidelik op skrif uiteengesit is. Om dit nie te doen nie, is ‘n resep vir dispute, vertragings en duur litigasie.

Wat gebeur wanneer iets waarop julle mondelings ooreengekom het, vir een of ander rede nie in die skriftelike kontrak vervat is nie? Kan jy mondelinge getuienis lewer om dit te bewys of te bevestig? ‘n Onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl illustreer die regs- en praktiese beginsels wat hier ter sprake is. Hier was die betrokke partye ‘n vrugte- en wynplaas en die boorder van boorgate. Hy het sy vernuf as waterwyser gebruik om water op te spoor. Die punt in geskil – het die boorder die boorgat se wateropbrengs in hul ooreenkoms gewaarborg of nie.
   
lees meer
Januarie is “Egskeidingsmaand”: Wees bedag op die gevare om dit self te doen.
ArticleImage Vir die meeste van ons is Januarie die begin van ‘n nuwe jaar, ‘n geleentheid om met vars gemoed en nuwe ywer aan ons toekoms en aan ons drome te werk.

Vir sommige getroude mense hou Januarie ‘n donkerder kant in. Egskeidingsmaand. 

Die feesseisoen is vir sommige getroudes te lank; met konflik en stres wat na vore kom. Dan is daar die jaarlikse konfrontasie met die regte lewe na al daardie luilekker vakansiedae. Verdere stresse en die finansiële werklikheid – vrugbare grond vir struwelinge en in sommige gevalle, egskeidings. 

Ons kyk na van die belangrike aspekte van egskeidings en meld dat hierdie waarskynlik nie die tyd is om dinge self te wil doen nie.
   
lees meer
Jou webwerf van die maand : Wees kuberveilig in 2020!
ArticleImage
"The email of the species is deadlier than the mail" (Stephen Fry)


Kuberaanvalle het in Suid-Afrika met 22% toegeneem in 2019. Ons blootstelling aan gevalle van ernstige kuberbedrog neem eksponensieel toe, soos wat ons daaglikse gebruik van e-posse en die internet eksponensieel toeneem. 

Die kubermisdadigers is altyd aan die gang. Hulle bestudeer en ontdek ons kuberswakplekke en buit dit dan uit. 

Beskerm jou besigheid met die voorstelle van “Email in the age of cybercrime” op die LexisDigest webwerf

Die artikel is ‘n wenner (kyk byvoorbeeld na die afdeling oor die “quick guide to email security”). Deel dit gerus met jou kollegas en personeel en hou dan vol met daardie gereelde maandelikse opdaterings!   


Uit die HAT: eksponensieel b.nw. [eksponensiële]  waarby eksponente betrokke is. 
Eksponensiële groei groei wat versnel namate die hoeveelheid van dit wat groei, vermeerder:    
  
Die eksponensiële groei in die verkoop van digitale kameras.
   

ArticleImage

“Ons wil u graag hiermee ‘n gesonde, gelukkige en suksesvolle 2020 toewens.”




   

Website
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews