Dit kan enige eienaar tot raserny dryf. ‘n Huurder wat nie sy maandelikse huur betaal nie of wat voortdurend die ooreengekome bepalings van die huurkontrak verbreek. Die versoeking is dan sterk om die grootste slot wat jy in die hande kan kry, op jou perseel se voordeur en sommer die voorhek ook aan te bring.  

Moet dit nie doen nie! Sodra jy die reg in eie hande neem, is jy self besig om onwettig op te tree. Dit hou in dat jy jou blootstel aan onnodige vertragings, bykomende regskostes en bes moontlik ‘n eis vir skadevergoeding.
 


Teken aan
Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com www.darroll-law.com
November 2016 NUUSBRIEF
Kan ek my huureiendom met nuwe slot en grendel beskerm?
Dit kan enige eienaar tot raserny dryf. ‘n Huurder wat nie sy maandelikse huur betaal nie of wat voortdurend die ooreengekome bepalings van die huurkontrak verbreek. Die versoeking is dan sterk om die grootste slot wat jy in die hande kan kry, op jou perseel se voordeur en sommer die voorhek ook aan te bring.  

Moet dit nie doen nie! Sodra jy die reg in eie hande neem, is jy self besig om onwettig op te tree. Dit hou in dat jy jou blootstel aan onnodige vertragings, bykomende regskostes en bes moontlik ‘n eis vir skadevergoeding.
lees meer


‘n Stryd tussen Dawid en Goliat. Befondsing vir litigasie
ArticleImage ‘n Mens sal graag wil hê dat die reg vir alle litigante toeganklik moet wees. Ongelukkig is die kostes van litigasie in die hoër howe ‘n wesentlike faktor. Dit beteken dat diegene wat hul saak in die hoër howe wil voer, diep sakke en senuwees van staal moet hê. 

Daar is wel iets wat toenemend in die buitewêreld gebruik word en ook meer onlangs in ons land sy verskyning gemaak het, naamlik litigasiebefondsing. Die sogenaamde “Please Call Me” saak is op hierdie manier tot in die Grondwetlike Hof deurgevoer. Dit is die bekendste geval van litigasiebefondsing en dui daarop dat dit wel gebruik kan word. Sommige litigasiefondse fokus slegs op handelsake, terwyl ander ‘n wyer speelveld het.
   
lees meer
Deeltitelskemas: Nuwe vereistes vir ‘n Reserwefonds en ander bepalings
ArticleImage
Die wette waarna verwys word is slegs in Engels uitgebring. Ons praat voortaan van die Bestuurswet (“the Sectional Titles Schemes Management Act”) en van die Ombudswet (“the Community Schemes Ombud Service Act”). Die Bestuurswet is net van toepassing op Deeltitelskemas en vervang die Deeltitelwet se bestuursbepalings. Hierdie wetgewing het op 7 Oktober 2016 in werking getree.
   
lees meer
Alle Gemeenskapskemas: Nuwe Reëls en ‘n Nuwe Ombud
ArticleImage Die “Community Schemes Ombud Service Act” (die Ombudswet) het op 7 Oktober 2016 saam met die verwante “Sectional Titles Schemes Management Act” (die Bestuurswet soos hierbo na verwys) in werking getree. Dit is van toepassing op alle Gemeenskapskemas (residensieel, kommersieel sowel as industrieel) insluitende –
   
lees meer
November se Webwerf: Benut en ontsluit die fontein van Kreatiwiteit
ArticleImage
Vir sukses op persoonlike vlak sowel as op die vlak as entrepreneur, was kreatiwiteit nog altyd ‘n onontbeerlike faktor. 

Dit is opwindend om te verneem dat wetenskaplikes in hul navorsing oor hoe ons breine funksioneer, al hoe meer oor ons kreatiewe vermoëns uitvind. In die proses ontdek hulle ook hoe ons, ons eie skeppingsvermoë en idees al beter kan aanwend.
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews