Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN Januarie 2017
 
 
 
Begin jou onderneming in 2017: Die private maatskappy
 
“My best entrepreneurial advice is to start” (Dave Morin, entrepreneur, belegger, HUB en mede-stigter van die sosiale netwerk, Path.)


In ons vorige artikel oor die reeks “Kies die regte entiteit vir jou besigheid“ het ons gekyk na die vennootskap. Kom ons kyk nou na die private maatskappy as ondernemingsvorm. So ‘n onderneming word besit en bestuur deur die maatskappy - Eiendoms Beperk - nie deur jou as individu of ‘n groep individue nie.
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Oorweeg jy dit om in ‘n ontwikkeling te koop? Kyk hierna  
 
 
Om borg te staan – die angel  
 
 
Jou Januarie Webwerf: Hou by jou Nuwejaarsvoornemens met stickK.com  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Die argitek Robert Stern is van mening dat wanneer jy praat oor ‘n huis wat jy wil bou, dan praat jy oor jou drome. 

Dit hou besliste voordele in indien jy ‘n leë erf in ‘n eiendomsontwikkeling kan koop waarop jy dan jou droomhuis kan bou. Daar is egter ook risiko’s wat jy moet bestuur. 
Bespreek die voor en nadele met jou prokureur voordat jy so ‘n ooreenkoms teken.

Ons weet dat daar gewoonlik ‘n verpligting op jou rus om jou droomhuis binne ‘n sekere tyd te bou....
 
 
 
In die begin .... is jy heeltemal rustig. Die bank wil nie die lening aan jou seun / dogter / beter helfte / vennoot / maatskappy / trust / vriend toestaan nie tensy jy van jou kant af borg teken nie. Jy oorweeg dit van alle kante en besluit dan dat dit veilig genoeg is. ‘Hoe erg kan dit nou wees. Dit is maar deel van die bank se voorskrifte en beleid. Pietie se besigheid gaan immers baie goed doen. Hy sal elke sent stiptelik ingevolge die bank se voorwaardes terugbetaal. En ek sou hom ‘n hupstoot gegee het om aan die gang te kom. Dit is tog wat ouers doen.”
 
 
 
Of dit nou op jou besigheid of op jou private lewe van toepassing is, om jou doelwitte en resolusies deur te voer bly ‘n uitdaging. Verbeter jou kanse om dit deur te voer met die gebruik van die platform stickK.com (die “K” staan vir die Kontrak wat jy met jouself aangaan - die aangeduide “Commitment Contract”).
 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

Ons wens u gesondheid,

geluk en sukses in 2017!

 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews